GRATIS: Só maak jy jou eie masker

akkreditasie
SARIE-modespan se Magdel Muller wys jou hoe om jou masker te dra, danksy idees van die kuberruim.

Die Covid-19-pandemie gaan nog vir ’n onbepaalde tyd deel van ons lewe wees. In Suid-Afrika beweeg ons binnekort oor na vlak 4 van inperking. Die regulasies is verslap, maar almal gaan ’n masker moet dra as hulle in die openbaar wil verskyn.

FOTO Instagram / @oliviapalermo
FOTO Instagram / Olivia Palermo

Ongelukkig is ’n tekort aan maskers oral ’n realiteit. Maar danksy die kuberruim se DIY-wêreld het die SARIE-modespan ’n oplossing gevind. Jy het geen skêr, naald of gare nodig nie. Al wat jy kort, is ’n serp en twee haarrekkies. 

Só maak jy in ’n japtrap jou eie masker

Onthou om hierdie masker gereeld te was. 

Stap 1

Plaas jou serp op ’n plat oppervlak.

Serp
Serp

Stap 2

Vou die serp se kante in die helfte.

Stap 1
Stap 1

Stap 3

Vou die kante weer in die helfte.

Stap 2
Stap 2

Stap 4

Trek die rekkies deur die bo- en onderpunt. Vou die punte na binne, sodat hulle aan mekaar raak.

Stap 3
Stap 3

Stap 5

Druk die omgevoude kante inmekaar.

Stap 4
Stap 4

Stap 6

Gebruik die rekkies om die serp oor jou ore te trek. En siedaar, jy het jou eie masker.

Kyk die video:

Bron van inspirasie:  Instagram / Beckerman Twins

JONGSTE UITGAWE

Januarie/Februarie 2022

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees