Deel

x

akkreditasie
Ma van die bruid of bruidegom? Die troudrag hoef nie in ’n nagmerrie te ontaard nie. Hier's 'n paar mode-wenke.

Dis 'n groot dag, 'n nuwe hoofstuk in jou kind se lewe. Een wat vir altyd onthou sal word. En al val die kollig nie op jou nie, wil jy steeds spesiaal voel en mooi lyk.

Om daai spesiale rok te vind kan soms uitdagend wees. Vrae soos "Pas dit my ouderdom?", "Is my arms nie te kaal nie?" en "Is die snit vleiend?" duik gereeld op. Maar hier is 'n paar wenke, etiket en rok-inspirasies om jou te help.

Nes die ander trougaste is daar ook etiket wat jy moet volg. 

Onthou die etiket:

1) Volg die tema en kleurskema van die troue

Oor die algemeen pas die rok van die bruid se ma by die kleurskema. Hou die seisoen ook in gedagte, kaal arms vir 'n wintertroue is nie ideaal nie.

2) Moenie 'n swart of wit rok dra nie - tensy die bruid dit versoek.

Jy wil nie 'n episode van Monster-in-Law beleef nie:

3) Hare en grimering

Doen ekstra moeite met jou hare en grimering, jy kan selfs jou hare en grimering saam met die bruid en haar gevolg doen. Onthou om seker te maak jou naels is ook mooi. Doen moeite, bederf jouself ... foto's vang herinneringe verewig vas.

Sukkel jy om 'n rok te vind? Hier's 'n paar inspirasies. Ja, jy kán die rokke dra.

1. V-nek

V-nek is altyd ’n vleiende snit en ’n wenner vir enige liggaamsbou.

FOTO: Instagram / @claudiahennell

FOTO Getty Images / Gallo Images

2. Oorvourokke

Oorvourokke werk vir enige vrou en beklemtoon jou kurwes mooi.

FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images/ Gallo Images

3. Rokke met detail by die middel

FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images/ Gallo Images
FOTO Getty Images/ Gallo Images

4. Oopskouer(s)

Onthou jou skouers is die laaste plek wat verouder. Jy sal steeds klassiek en stylvol lyk.

FOTO Getty Images / Gallo Images

5. 'n Pak of 'n twee-stukke

Onthou jy mag ’n tweestuk dra, dit lyk soms meer elegant as ’n rok.

FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images

FOTO Getty Images/ Gallo Images

6. Skouermantel

Dit is een van 2018 se grootste trourok-trends, maar dis ook 'n baie elegante keuse vir die ma van die bruid. 

FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images

Perfekte kleure vir die ma van die bruid:

- Wynrooi

- Vlootblou

- Bottelgroen

- Rooi

Hier's 'n paar opsies wat jy kan koop:

Rok, Mango

Rok, Mango

Rok, Mango

Rok, Mango

Rok, Mango

Rok, Mango

Rok, edit by spree.co.za

Rok, edit by spree.co.za

Rok, Klûk CGDT

Rok, Klûk CGDT

Rok, Bride&Co

Rok, Bride & Co

Rok, Bride & Co

Rok, Bride & Co

Rok, Bride & Co

JONGSTE UITGAWE

Mei/Junie-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees