Die vlak van inperking daal en nuwe regulasies word byna elke week in plek gestel. Al hoe meer mense keer terug kantoor toe - totsiens, sweetpakbroek, jy was wonderlik!
Maar masker ... o, jy is die doring in my modevlees. Party van ons sukkel om ons uitrusting rondom hierdie item van veiligheid te stileer.
Moenie vrees nie, SARIE se modespan sal altyd hier wees. Hier volg ’n paar wenke en idees hoe jy kan aantrek.
Vir ’n spesiale geleentheid
Daar is geen sekerheid oor wanneer die dra van maskers iets van die verlede gaan wees nie. Intussen gaan ons al hoe meer kan terugkeer na die samelewing. Verjaardagvieringe, ’n aand in die restaurant en wie weet, selfs ’n intieme troue. Gebruik jou masker tot jou voordeel om jou uitrusting nóg treffender te maak.
Jou masker? Die modespan kies ’n blinkermasker (Mrs Rose).
Uitrusting-idee:
Masker, Mrs Rose
Trui, Woolworths
Midi-romp, Zara
Stewels, Zara
Skouersak, Steve Madden
Vir die kantoor
Jy hoef nie ’n eenkleurige masker aan te skaf nie, speel eerder met patrone. Die geheim? Daar moet iewers ’n kleur wees wat jou uitrusting met jou masker verbind. Boer maak ’n plan ... die modester Olivia Palermo dra kleurvolle serpe as maskers.
Uitrusting-idee vir ’n kreatiewe werksomgewing
Serp/masker, Poetry
Rok, Mango
Baadjie, Zara
Belt, Zara
Stewels, Steve Madden
Uitrusting-idee vir ’n korporatiewe werksomgewing
Jas, Zara
Broek, Zara
Bloes, Woolworths
Hakskoene, Steve Madden
Handsak, Mango
Belt, Woolworths
En wat sê ons vir die masker? Vat so!
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET