Die winter het haarself kom tuismaak in ons sitkamers en baadjies, jasse, serpe en truie is nou ons uniform. Vir die meeste van ons raak dit moeilik om in die oggende uit die bed te klim, wat gepraat van nog ’n uitrusting vir werk of klasloop te kies.

FOTO Instagram / Olivia Palermo

Gelukkig het Amaria Carstens, SARIE se moderedakteur, en Magdel Muller, SARIE-stilis, hul wenke om jou truie dié winter stylvol te dra en jou uitrusting modern te hou.

Amaria se wenke:

* Steek slegs jou trui voor in by jou romp of broek.

FOTO Instagram / Olivia Palermo

* Stoot jou baadjie se moue op, sodat jou trui se moue kan wees.

FOTO Instagram / Alexa Chung

* Speel met verskillende truie en teksture. Dra ’n bonkige oopknoop trui oor ’n fyner gebreide trui.

FOTO Instagram / Olivia Palermo

* Gee vorm aan jou middellyf oor ’n bonkige trui met ’n breë belt in jou middel.

Magdel se wenke:

* Trek ’n trui bo-oor ’n hemp of bloes, stoot jou moue op sodat die hemp meer sigbaar is. Hierdie sal jou voorkoms minder formeel maak.

FOTO Instagram / Alexa Chung

* Stileer ’n oorgroot-trui met ’n romp en stewels.

FOTO Instagram / Jeanne Damas

* Kombineer jou gunsteling-jeans met ’n snoesige trui, rond die uitrustings af met tekkies of stewels.

Die model Katryn Kruger lyk stylvol in haar mosterdgeel trui, jeans en stewels. FOTO Instagram / Katryn Kruger