Só kies jy die regte sportbra

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Daar is drie tipes. Ons help jou kies!

Jy het dié winter jou bes probeer, maar kon net nie "nee" sê vir daardie lekker trooskos nie. En om soggens op te staan om voor werk te gaan oefen was net onmoontlik. Nou is September hier en dit beteken nog ’n kans om gemotiveerd te raak. #SlankerInSeptember

Jou drafskoene is afgestof en jou waterbottel vol. Maar onthou: ’n Sportbra is broodnodig om ondersteuning vir jou borste te gee tydens enige oefening.

Voel jy oorweldig deur al die verskillende bra’s in die winkels? Ons is hier om te help.

Die soort oefening wat jy aanpak, bepaal watter bra jy moet aanskaf. Daar is basies drie soorte.

Kies só jou sportbra

FOTO Instagram / Jessica Biel

Sportbra 1

Soort oefening: Stap, joga en krag-oefening

Ondersteuning: Lae-impak-ondersteuning

Tipe sportbra: Sogenaamde encapsulation-bra (elke bors op sy eie ondersteun)

Hoekom dié bra? Dis die naaste aan jou gewone bra, maar bied meer ondersteuning en is gemakliker vir lae-impak-oefeninge soos joga.

FOTO Instagram / Deliciously Ella

Sportbra 2

Soort oefening: Stap, sneeuskaats en fietsry

Ondersteuning: Medium-impak-ondersteuning

Soort sportbra: Compression-bra (hou borste teenaan jou lyf)

Hoekom dié bra? Dit laat nie veel beweging toe nie - ideaal vir medium-impak.

WENK: Vroue met klein borste kan selfs hierdie bra dra as hulle hoë-impak-oefening soos draf wil aanpak.

FOTO Instagram / Julianne Hough

Sportbra 3

Soort oefening: Draf, hardloop, hokkie en bergfietsry

Ondersteuning: Hoë-impak-ondersteuning

Tipe sportbra: Kombinasie tussen bogenoemde twee sportbra’s

Hoekom dié bra? Dis die beste bra vir enige oefening en sal jou borste ten volle ondersteun.

WENK: Vroue met groter borste moet hierdie een dra vir alle tipes oefening.

FOTO Instagram / Elsa Pataky

Wenke as jy op jou sportbra besluit het:

Volg hierdie wenke om seker te maak jou bra sit gemaklik. 

FOTO Instagram / Nike

1. Band (onder jou borste)

As daar twee vingers tussen die band en jou liggaam pas, is dit die perfekte snit vir jou.

2. Skouerbande

Daar moet ook twee vingers tussen jou skouer en die band kan inpas, anders gaan die bande jou te veel druk en oefening bemoeilik.

3. Rugskakels

As jy ’n bra met ’n rugskakel koop, gebruik die verste skakel eerste.

4. Onderdraad

Maak seker die draad maak jou nie seer nie, ’n bra met ’n onderdraad word veral aanbeveel vir vroue met groter borste.

5. Materiaal

Hi-tech-poliëster (wicking) hou sweet weg van jou liggaam af. ONTHOU: Hoe meer ondersteuning die bra bied, hoe minder weerstand het die materiaal tee vloeistof.

FOTO Instagram / Nike Women

Koopgids vir jou borsgrootte

Klein borste

Cancel R499, NIKE, TOTALSPORTS
R649 ADIDAS
R449, UNDER ARMOUR, TOTALSPORTS
R899, ADIDAS
R999, ADIDAS
R999, ADIDAS

Groot borste

R299, PAYTEX, TOTALSPORTS
R299, PAYTEX, TOTALSPORTS
R299,95 TRIUMPH, TOTALSPORTS
R299,95 TRIUMPH, TOTALSPORTS
R379, PLAYTEX, TOTALSPORTS
R379, PLAYTEX, TOTALSPORTS
R429, PLAYTEX, TOTALSPORTS
R429, PLAYTEX, TOTALSPORTS
R699, NIKE, TOTALSPORTS
R699, NIKE, TOTALSPORTS

Bron: rei.com

Wil jy gewig verloor of net gesonder word?

Slanker met SARIE is jou antwoord! Vir ’n eenmalige bedrag van R499 (belasting uitgesluit) kry jy weekliks ’n oefenplan en eetplan - die program duur 12 weke. Sluit nou aan hier.

FOTO Getty Images / Gallo Images

JONGSTE UITGAWE

SEPTEMBER/OKTOBER 2021

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees