Dis staatmaker-items wat in elke vrou se klerekas hoort: jeans en ’n wit hemp.

Dié twee items is ’n veilige basis vir enige uitrusting. Maar die truuk is om dit interessant te hou deur dit met addisionele items op te kikker.

FOTO Instagram / Adwoa Aboah
FOTO Instagram / Lily Aldrige

Magdel Muller, SARIE se modestilis, wys hoe jy dit met ander items kan opkikker.

1. Baadjie

FOTO Instagram / Niomi Smart

’n Baadjie maak ’n uitrusting dadelik meer formeel. Enigiets van oorgroot tot oorknoop, helderkleurig, met ’n ruitpatroon of selfs luiperdvelmotief kan jou basis opkikker. As jy veilig wil wees, is ’n snyersbaadjie in ’n neutrale kleur soos swart of vlootblou ’n goeie keuse.

Baadjies
Baadjies

2. Oorbelle wat ’n stelling maak

FOTO Instagram / Tommy Hilfiger

Hoe groter, kleurryker en blinker, hoe beter. Rooi, pienk of metaalkleurig is altyd ’n treffer en gee jou uitrusting ’n moderne, vars voorkoms.

Oorbelle
Oorbelle


Nog opsies:

Treffende skoene

FOTO Instagram / Olivia Palermo

Waag met ’n helder kleur soos geel, rooi of pienk, of ’n interessante patroon. Van luiperdvel tot sebravel en slangvel is tans gewild. 


Trench-jas

FOTO Instagram / Vogue

Dit bly ’n staatmaker en klassieke treffer.