Vir party van ons voel 2021 soos die tweede seisoen van 2020. Reëls, regulasies, inperking, maskers en afsondering. Nou is dit belangrik om op ons welwees te fokus en maniere te vind wat vir ons tikkie vreugde kan bring.
Een maklike manier: Trek jou self mooi aan ... ál is jou kantoor nou tuis.
2021, het begin soos 2020 geeïndig het, reëls en regulasies, inkom tye, masker dra en afstand hou. Kom ons wees ernstig die jaar het nie op ‘n goeie noot begin nie, die suur smaak van 2020 loop nog in baie se monde rond, Corona is nog nie weg nie, inteendeel dit is erger as ooit.