Waarheen gaan die tyd? Ons is nog eens aan die begin van winter en nou trek ons al in die maand van Augustus! Gelukkig is ’n jas altyd ’n waardevolle belegging en ’n item wat jy keer op keer kan dra.

1. (ont)Pof die winter

Pofjasse en -baadjies is ’n groot tendens die winter. Maak ’n stelling met ’n uitspattige pofbaadjie - silwer en patrone is veral groot dié seisoen. Oorgroot pofjasse is ook vuurwarm, al lyk dit soos ’n stylvolle slaapsak.


Magdel se uitrusting-idee

Koop die uitrusting:

Jas, Zara

Polonek, Truworths

Trui, Mango

Jean, Mango

Stewels, Missguided by superbalist.com

Leerpalmsak, Woolworths

Mis, Cotton On

2. Oorgroot jas

Op die voorblad van die nuutste SARIE Kreatief (nou te koop!) pronk ’n oorgroot, gebreide kimonojas. Michélle van Breda, SARIE se moderedakteur, is mal oor die jas en wil sommer self vir haar een laat maak. 

SARIE Kreatief 2021
SARIE Kreatief 2021

’n Oorgroot jas is ’n groot tendens, maar onthou om slim te stileer ... Stileer dit saam met items wat jou perfek pas, sodat dit nie lyk of jy in jou klere verdrink nie.

Magdel se uitrusting-idee

Koop die uitrusting:

Kimono-jas, Zara

Midi-rok, Mango

Belt, Mango

Stewels, Public Desire by superbalist.com

Skouersak, Mr Price

3. Kunspels

Kunspels is steeds gewild, veral jasse wat ’n middelbelt bevat. Hierdie modeliefhebbers weet hoe om hul jasse só te stileer dat hulle nie soos ’n teddiebeer lyk nie. Gebruik hulle as inspirasie:

 

Magdel se uitrusting-idee

Jas, H&M R799

Denimhemp, Mango

T-hemp, Zara

Jean, Zara

Stewels, Jeffrey Campbel by Superbalist.com

Skouersak, Trenery by Woolworths

Oorbelle, Mango 


4. Hempjas

Oorgroot hemde wat as ’n jas gedra word, is vanjaar vuurwarm! Dis die perfekte keuse vir daardie tussen-in-weer.

Magdel se uitrusting-idee

Koop die uitrusting:

Hempjas, Zara

Hemp, Mr Price

Jean, Mango

Skouersak, Trenery

Belt, Trenery

Oorbelle, Lovisa

Hakke, Aldo