Dit hoef nie daai een item te wees wat jy altyd op terug te val nie. Hier is vier uitrustings wat nie ’n denimbroek insluit nie.
1. Middelsak
Die middelsak is al vir ’n geruime tyd ’n modieuse item, wat jou uitrusting eenklaps ’n moderne aanslag gee. Om die middelsak deur jou jean se lussies te dra, kan baie slordig voorkom. Los die denimbroek en dra die middelsak eerder saam met jou rok, dit gee jou uitrusting ’n moderne aanslag.
Uitrusting-idee:
Middelsak, Steve Madden by superbalist.com
Rok, Mango
Stewel, Steve Madden
2. Bloes
Ja, ’n bloes en denimbroek is ’n wen-kombinasie. Maar dink uit daai denimbroek-boks. Trek die mooi bloes onder ’n rok aan, hierdie kan ’n baie stylvolle voorkoms skep.
Uitrusting-idee:
Bloes, Zara
Rok, Mango
Stewels, Steve Madden
Tekkies, Diesel by Superbalist.com
Handsak, Spitz
3. T-hemp
Nóg ’n uit-die-denimboks-oomblik. Kombineer dit met ’n netjiese broek of selfs ’n khaki-broek, dit gee net daardie ekstra flair.
Uitrusting-idee:
T-hemp, Zara
Satynbroek, Mango
Baadjie, Country Road by Woolworths
Handsak, Mango
Halsnoer, Loviisa
Tekkies, Gucci by Net-a-porter
4. Polohemp of rugbyhemp
Nee, jy is nie Naas Botha uit die 1990’s nie. Nee, ’n groot enorme nee. Die kombinasie saam met jou denimbroek kan net slordig voorkom. Dra dit saam met ’n romp en moenie bang wees om dit saam met ’n romp van blinkstof te stileer nie.
Uitrusting-idee:
Golfhemp, Zara
Blinkerromp, Net-a-porter
Pofferjas, Zara
Handsak, Foschini
Tekkies, Asics by superbalist.com
Tekkies, Karl Lagerfeld by Europa Art
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET