’n Hakskoen met ’n vierkantige punt, dís die nuutste somertendens vir skoene - veral in pastelkleure en met oprygbande. Hierdie tendens groei eintlik op my en ek dink dis dalk iets wat ek ook sal dra. Hoekom? Hierdie tendens kan jou denim-uitrusting eenklaps ’n vars aanslag gee. As jou hakskoen oprygbande het, kan jy dit bo-oor jou denimbroek se pype opryg.

Een ding wat my wel verras het is hoe gemaklik hierdie spesifieke hakskoen is, die hak is nie so hoog nie en die oprygbande maak dat jy gemaklik loop.

Inspirasie uit die modewêreld

Dit is hoe modeliefhebbers dit dra.

View this post on Instagram

A post shared by street_style_paris (@street_style_paris) on

 
View this post on Instagram

@endlesslyloveclub??

A post shared by street_style_paris (@street_style_paris) on

 

Magdel se drie uitrusting-idees

Uitrusting 1: Teetyd in die tuine

Eenstuk, Poetry

Skoene, Zara

Kopband, Lovisa

Sonbril, Sunglass Hut

Halsnoer, By Cara

Skouersak, Mango

Uitrusting 2: Modieuse Middagete

Hakskoene, Mango

Top, Country Road

Broek, Country Road

Handsak, Poetry

Belt, Zara

Oorbelle, Pichulik


Uitrusting 3: Sonsak skemerkelkies

Rok, R799, H&M

Hakskoene, Zara

Hoed, Lack of Color

Oorbelle, Mango

Skouersak, Mango

Sonbril, Chanel by Sunglass Hut

Sit jou beste voet voor hierdie somer.