Twee maande van 2020 bly nog oor, kan jy dit glo! Somer klop nou amptelik aan ons deur en die nuutste tendens vir hierdie warmer maande is somertruie. Dit klink dalk nie nuut nie, maar die somerstrui gaan jy al hoe meer in die winkels sien. Ja, die pullover wat jy vir skool gedra het, is nou hoogmode vir die somer ... moulose polonek, top wat van breistof gemaak is en dan die liggewig trui is alles in die kol.

Kyk hoe dra die modeliefhebbers dié tendens:

View this post on Instagram

A post shared by street_style_paris (@street_style_paris) on

View this post on Instagram

A post shared by street_style_paris (@street_style_paris) on

Magdel se modewenke

* Vermy truie met donkerkleure dra eerder ligte kleure soos pastel of room, hierdie gee eenklaps daai somergevoel.

* Jy hoef nie noodwendig jou trui te “dra” nie, bind dit om jou lyf as ‘n bykomstigheid.

* Stileer jou trui interessant: Stoot die moue op, knoop die trui in jou middel of draai jou trui om, sodat jou knope aan die agterkant sit.

* Dra jou trui as ‘n “top”, moenie iets onderaan trek nie, dit maak die trui “koeler”.

Magdel sal dit só stileer

Uitrusting 1: Daar is koffie in die kan

Top, Zara

Baadjie, Mango

Uitklok kortbroek, Witchery by Woolworths

Sandale, Steve Madden

Sonbril, Valentino by Sunglaas Hut

Ring, Freya Treasure

Skouersak, Superbalist.com

Halsnoer, Foschini

Uitrusting 2: Middagete Meraai

Top, Zara

Broek: Mango

Baadjie, Zara

Sonbrille, Ray-Ban

Halsnoer, Lovisa

Hakskoene, Steve Madden


Uitrusting 3: Inkopies met daai skemerkelkie

Top, Zara

Romp, Zara

Trui, Mango

Sonbril, Ray-Ban

Skouersak, mango

Oorbelle, Famke

Ring, Freya Treasure

Belt, Versace

Frille top, Zara

Hakskoene, Aldo

Uitrusting 4: Aand-afspraak (informeel)

Trui, Mango

T-hemp, Mango

Broek, Zara

Hakskoene, Witchery 

Halsnoer, Lovisa

Skouersak, Superbalist.com

Oorbelle, Zara

Kom ons pak die somer aan met hierdie winter-staatmaker!