Ja, dit was nooit uit nie. Maar die afgelope paar jaar was die balletskoen, oftewel pump, nie die prima donna onder skoene nie. Nou is sy terug met skop en mening!

FOTO Instagram / @aimeesong
FOTO Instagram / @aimeesong

Aanvanklik was dit nie vir my ’n vleiende skoen nie, totdat ek die geheim van die Franse modehuis Chanel geleer het. As die punt van die balletskoen ’n ander kleur is, skep dit onmiddellik ’n luukse en stylvolle voorkoms. Jou voete lyk ook onmiddellik smaller en langer.

Magdel se mode-wenke:

* Skaf een met ’n skerp punt  vir ’n nouer en langer voet.

* Dra sokkies aan wat nie sigbaar is nie. 

* Vir ’n moderne voorkoms skaf balletskoen met ’n enkelband aan.

* Probeer om nie jou balletskoene vir ’n eerste werksonderhoud, afspraak of ontmoeting te dra nie. Dis mooi, maar nie ’n eerste indruk-skoen nie. Hakskoen of skoen met ’n effense hak is altyd die wenner. 

Maar as Chanel die balletskoen modieus kan laat lyk, kan ons ook.

Só sal Magdel die tendens stileer

Uitrusting 1: Koffie, asseblief!

Dis perfek vir ’n afspraak by ’n koffiewinkel.

Rok, Mango

Pump, Zara

Sonbril, Lacoste by Superbalist.com

Oorbelle, Pichulik

Hoed, Woolworths

Skouersak, Trenery

EKSTRA

Jean, Zara


Uitrusting 2: Kantoor, majoor

Party van ons werk nog van die huis af, maar as dinge vorentoe normaliseer is hierdie ’n goeie uitrusting vir jou dag op kantoor.

Pump, Chanel 

Moulose-baadjie, Zara

Hemp, Mango

Langbroek, Zara

Halsnoer, ByCARA

Kopband, Woolworths

Handsak, Poetry 

 

Uitrusting 3: Moeitelose middagete

Balletskoen, Gucci by NET-A-PORTER

T-Hemp, Zara

Jean, Mango

Top, Zara

Handsak, Cotton On

Haarstruk, Poetry

Sonbril, Vogue by superbalist.com

Gucci Belt, NET-A-PORTER

Halsnoer, ByCARA


Trek jou paar balletskoene en loop in styl.