Die koue is stadig maar seker besig om aan te klop by ons. Verlede jaar die tyd het ons gedink drie week se grendelstaat gaan ons enigste lot wees, min het ons geweet dat sweetpakbroeke en klere van pure gemak ons voorland gaan wees vir vele maande.

Dis tyd om jou winterklere en stewels af te stof. Hierdie tendense is vuurwarm vir 2021. 

FOTO Instagram @alexanderapp
FOTO Instagram / Alexander App

10 tendense, een seisoen

1. Skouerkussings

Hierdie tendens is baie groot die winter. Baadjies, rokke en hemde gaan almal skouerkussings huisves. Moenie vergeet van daai groot pofmoue nie.

2. Sjiek-boheems 

Boheems is al vir ’n geruime tyd deel van ons modewêreld. Maar die nuutste is om dit luuks te stileer, met juwele, ’n jas van kunspels en hakskoene.

3. Leer

Leer is terug: Broek, romp, bloes en baadjie.

4. Valle 

Hierdie tendens wil ons ook nie groet nie, die romantiese voorkoms is nog volop vir 2021 se winterseisoen. 

5. Matrix se Neo & Trinity

In die 90’s was die rolprent The Matrix uiters gewild, dit lyk of die karakters se modes in 2021 weer herleef word.

4. Silwer-op-silwer

Koning Midas mag dalk alles in goud verander. Maar hierdie winter is silwer die wenner. Om silwer op silwer te stileer is hoogmode.



7. Mantel

Hierdie winter gaan die mantelkraag en skouermantel volop in winkels wees.

8. Kleur, kleur en kleur  

Hierdie winter kan jy gerus helder kleure saam stileer. Pienk, blou, geel, pers, oranje rooi ... kombineer hulle en kikker jou winter op.

9. Gebreide rokke 

Truie is altyd ’n staatmaker. Maar vanjaar is dit ’n rok van trui wat in jou klerekas hoort.