WAAG MET WIT
WAAG MET WIT

Wit tot melkwit is skakerings wat almal kan dra. As jy versigtig is vir wit van kop tot toon, kies net een item met ’n interessante tekstuur. Onthou, met wit is die regte onderklere ononderhandelbaar.

Laehalstop met valle (prys op aanvraag), H&M Lente Conscious Exclusive Collection. Wit uitklokjeans met uitgerafelde soom (R429), H&M. Room snyersbaadjie (R1 699), W. Collection by Woolworths. Insteeksandale met uitgerafelde detail (R249), Cotton On.

GROOTTES Top: 34 – 44 Jeans: 34 – 44 Baadjie: 6 – 20

ONPAAR PAAR
ONPAAR PAAR

Sedert dit vier jaar gelede die eerste keer by loopplankvertonings van Dior, Lanvin en Oscar de la Renta gewaar is, is onpaar oorbelle die moet-hê-afronding van modebewustes. Speel met wat jy reeds het, maar kyk ook uit vir detail soos pêrels, stervorms, die kleur van die stene en metaal wat herhaal.

Oorbelle met kunskristalle versier (R249), H&M. Swart kunsleertop (R140), Y&G by Foschini. Deursigtige ligpienk organzatop met polkakoldetail (R250), Y&G by Foschini.

GROOTTES Top: 6 – 18 Bloes: 6 – 18 

BEKOORLIK MET ’N BELT
BEKOORLIK MET ’N BELT

Ons is geleer dat ’n belt ’n voorkoms afrond en netjies deur jou broek of rok se lussies moet ryg. Maar breek die reëls en knoop ’n dun belt interessant om jou lyf en wys jou middel.

Swart pofmou-midirok van broderie anglaiseorganza (R799), H&M. Gordelhandsak van kunsleer (R229) H&M.

GROOTTES Rok: 34 – 44 

ONGEËRGDE STYL
ONGEËRGDE STYL

Vergeet van eksieperfeksie! Maak soos die vroue van Parys, sedert die 16de eeu as die wêreld se stylvolste beskou, en steek jou hemp net halfpad in. Straatstyl op sy beste.

Gestreepte hemp (R990), Desray. Gestreepte wyepypbroek (R2 449), Tommy Hilfiger.

GROOTTES Hemp: 30 – 42 Broek: XS – XXL 

DUBBELE DRAGENOT
DUBBELE DRAGENOT

Handsakke sê baie van die draer. So hoekom net een saamdra? Eksperimenteer met verskillende groottes, teksture en kleure en druk jou eie stempel op jou uitrusting af.

Polkakol-oorvourok (R329), H&M. Helderpienk suèdehakskoene (R1 299), Witchery. Swart miniskouersak van fluweel (prys op aanvraag), colette by colette hayman, beskikbaar by Foschini. Naaswit drasak (R899), Witchery.

GROOTTES Rok: 34 – 44 

KLEUR KRAAI KONING
KLEUR KRAAI KONING

As jy ’n uitrusting met net één item kan opkikker, is dit ’n kleurryke bykomstigheid. Of dit jou skoene, handsak, belt, serp of juwele is, kleur is jou troefkaart.

Geel kopband (R149), Cotton On. Denimhemp (R449), Cotton On.

GROOTTES Hemp: XS – XL 

NOOIT VAAL!
NOOIT VAAL!

Die modereël dat jy nie bruin by grys dra nie, geld lankal nie meer nie. Dit is ’n elegante kleurkombinasie, soos model Chrissy Teigen, entrepreneur Olivia Palermo en aktrise Mila Kunis al gewys het. Die geheim? Die bruin en grys moenie te donker wees nie.

Luiperdvelpatroon-bloes (R899), Trenery. Grys wolmengelstoflangbroek met plooidetail voor (R1 499), Trenery. Sebravelmotiefhakskoene (R3 399), Jeffrey Campbell by That Shoe Lady. Metaalringe (vanaf R160), Lovisa.

GROOTTES Bloes: 4 – 18 Broek: 4 – 18

HART OP JOU MOU
HART OP JOU MOU

Baadjie- of hempsmou, verby is die dae van ’n perfek opgerolde mou. Jou moeitelose elegansie lê in opgetrekte moue. WENK: Gebruik ’n rubberrekkie om die mou bo te hou.

Gestreepte T-hemp (R249), Cotton On. Geel snyersbaadjie (R629), H&M. Geplooide midiromp met belt (R899), Poetry.

GROOTTES T-hemp: XS – XL Baadjie: 34 – 44 Romp: 6 – 18 

MODE-SPAN

DEUR Amaria Carstens amaria.carstens@sarie.com @acarstens op Instagram

MODESTILIS Magdel Muller Magdel.Muller@sarie.com @magdel_muller op Instagram

FOTO’S Niquita Bento van Supernova Creative Managemen

GRIMERING Algria Ferreira

HARE Jeanette Genis

MODEL Charissa Snyman van Boss Models