FOTO'S Cass Collett | GRIMERING & HARE Mary Gouveia van Lustre | MODEL Danika Pienaar van Boss Models

BLOEISELVARS
BLOEISELVARS

BLOEISELVARS

Net soos ’n bloeisel dui op vernuwing, só is wit soos ’n skoon skilderdoek vir jou klerekas. Jy kan ’n wit item vernuwe met bykomstighede deur bv. borsspelde te groepeer of ’n serp om jou arm te sit pleks van ’n armband.

Wit rok met wit blompatroon (R329), H&M. Lang, smal blouswart-en-wit serp (R280), Desray. Insteek-platformsandale van raffia (R499), Cotton On. Verskeidenheid van borsspelde (vanaf R89 elk), Miladys. GROOTTES Rok: XS – XL

FLAMINKPRET
FLAMINKPRET

FLAMINKPRET

Die vere maak die voël! Dié baadjie met sy interessante flaminkpatroon is die opwinding wat ’n klerekas nou nodig het. Perfek saam met jou gunstelingjeans, of dra dit saam met strepe vir daardie ekstra oemf.

Turkoois baadjie met flaminkpatroon (R1 500) en bypassende serp (R200) om middel, Elmarié Jooste. Uitgewaste kêrelsnitjeans (R599), Cotton On. Goudvergulde silweroorbelle met varswaterpêrels (R650), Anine Jewellery. GROOTTES Baadjie: 8–12; Jeans: 6 – 16

ORGANIES
ORGANIESE VLOEI

ORGANIESE VLOEI

Vorms en materiale wat die natuur naboots, het glo ’n kragtige en positiewe invloed op jou welstand. Plaaslike ontwerper Lara Klawikowski span hierdie vorms in as inspirasie vir haar reeks. Die ongelyke fatsoene en teksture van haar ontwerpe het ’n andersheid wat verras.

Wynrooi gesmokte top (R1 200), gesmokte bolero (R3 500) en gesmokte romp met valledetail (R6 700), Lara Klawikowski. GROOTTES Op aanvraag

BLOMBEKORING
BLOMBEKORING

BLOMBEKORING

Blomme is die een konstante tendens wat nooit uit die mode sal gaan nie, volgens Nederlandse tendenskenner Li Edelkoort. Die blompatrone verskil dalk van seisoen tot seisoen, maar dit bly bekoor. Skep ’n spesiale uitrusting en dra ’n blompatroon-broek saam met ’n top met teksture soos plooie of valle.

Geplooide valletop (prys op aanvraag), Stefania Morland. Blompatroon-langbroek (vanaf R2 599), Scotch&Soda. Sebravelpatroon-hakskoene (R529), H&M. GROOTTES Top: Op aanvraag; Broek: XS – L

SWIERIGE SEBRA
SWIERIGE SEBRA

SWIERIGE SEBRA

Vir jare was luiperdvelmotief die vernaamste diervel-inspirasie in die modewêreld, maar sedert 2019 het sebravelmotief sy patroon begin afdruk.

Roomkleurige gehekelde top met valledetail (R629), H&M. Roesbruin glinster-langbroek met valledetail (vanaf R2 099), Scotch & Soda. Wit geweefde insteekskoene (R1 299), Country Road. Goue slanghalssnoer (R200), colette by colette hayman beskikbaar by Foschini. Sebravelmotief-handsak (R899), Poetry. GROOTTES Top: XXS–XL; Broek: S–L

KROONJUWEEL
KROONJUWEEL

KROONJUWEEL

’n Bos blomme kikker enige dag op. Hoekom dit nie ook sommer in jou hare dra nie? Ontwerpers soos Marni en Dolce&Gabbana se loopplankvertonings vir Lente/ Somer 2020 het gewys dat hierdie haarversierings groot gaan wees.

Blommekopstuk van vilt, fluweel en kralewerk (prys op aanvraag), Stefania Morland. Swart kanttop (vanaf R459), Miladys. GROOTTES Top: 8–20

SONVANGER
SONVANGER

SONVANGER

Verander die voorkoms van ’n eenvoudige blompatroonrok en dra ’n serp om jou middel pleks van ’n belt.

Blompatroon-midirok met pofmoue (R999), Poetry. Satynserp (R680), Desray. Fedorahoed (R420), Desray. Insteek-leerhakskoene (R1 499), Poetry. GROOTTES Rok: 6 – 16

Spesiale dank aan die Louw-familie vir hul gasvryheid met die skiet van die foto’s in die kanola-land op hul plaas SONDAGSFONTEIN buite Durbanville.