’n Gesonde hart is baie belangrik en soos met die meeste dinge begin goeie hartgesondheid ook met dit wat ons eet. Danksy navorsing weet ons dat sekere bestanddele net meer super is as ander. As jy dié supergroentes en -vrugte deel maak van jou dieet, kan dit help om jou hart gesonder te hou. En natuurlik, as jy gesond eet, gaan jy ook gesond lyk!

Hier is 5 super-hartkosse wat jy maar kan deel maak van jou dieet:

1. Bloubessies: Strooi ’n hand vol bloubessies oor jou muesli. Dis een van die voedsaamste bessies vol vesel, vitamien C en antioksidante.

sr1001kosbloubessie (10)

2. Salm: Voeg repies salm by slaaie en heelgraan-pastageregte en kry op ’n smaaklike manier omega 3-vetsure in. Die Amerikaanse hartstigting meen 2 porsies per week hou jou hart gesond.

FOTO:Michael Le GrangeFOTO Michael Le Grange

3. Sojabone: Pak geroosterde sojabone in vir ’n vinnige happie by die werk. Dis ’n hoe¨protei¨en-happie wat laag in vet is, en baie vesel, vitamiene en minerale bevat. Jy kan dit by gesondheidswinkels koop.

4. Hawermoutmeel: Vervang ’n derde van jou koekmeel met hawermoutmeel as jy pannekoek, muffins, brood en koekies bak. Hawermout word nie verniet deur die Amerikaanse Food and Drug Administration aanbeveel as een van die gesondste kosse vir jou hart nie, want navorsing toon dit kan jou cholesterol-vlakke verlaag.

5. Spinasie: Voeg hande vol spinasie by jou pasta, slaai en sop en vul so´ jou dieet aan met verskeie vitamiene, foliensuur en yster wat hartsiektes beveg.

_16A9957

Bron:www.webmd.com

Leef Gesonder met SARIE

200+ MENSE. Dis hoeveel lesers al by Gesonder met SARIE aangesluit het. Hoekom? Diëte werk nie – leefstylveranderinge wel! En hierdie lae-koolhidraat, gesonde vet leefstyl bevat die lekkerste kos vir slegs R499. Watookal jou rede mag wees, durf hierdie reis na ’n gesonder jy saam met ons aan!

Besoek Gesonder met SARIE hier