Wanneer winter in jou huis ’n kuiergas word, gebeur ’n paar dinge: Jy sukkel om uit jou warm bed op te staan, jy sidder as jy aan enige vorm van oefening dink, jy hunker na gemorskos en sjokolade, jy vermoed jou metabolisme het gedaal na die van ’n prehistoriese luidier, en in jou maag is daar ’n ruspe wat alles in sy pad verorber. 

FOTO Unsplash

Al ooit gewonder hoekom die koue gepaardgaan met ’n behoefte om alles én almal te eet?

Hier is ’n paar moontlike redes:

Om te eet maak jou warmer

In die winter is ’n koue slaai of toebroodjie nie jou eerste keuse nie. Jy hunker na trooskoos ... ’n vuurwarm bredie, geurige kerrie of romerige pasta. Volgens Vitality Magazine hunker jy van nature na warm kos as dit koud is omdat die temperatuur van jou liggaam daal. Psigologies wil jy eet om warm te bly. 

Die bewolkte weer maak jou eterig

Wanneer dit bewolk is en die weer hang swaar, is die kans goed dat jy vaak sal raak. Om energie te kry crave jy dan skielik stysel en soetgoed.

Ons is minder aktief

Dis die seisoen van jasse, oorgroot truie, musse, serpe, langbroeke en stewels. Jy voel dus nie so erg onder druk om gesonder te eet nie, want die ekstra kilo of twee kan onder al die lae klere versteek word. Tensy jy lief is vir oefen, is jy ook meer geneig om oefensessies uit te stel en selfs te staak.

FOTO Unsplash

Voel jy effe ongemaklik in jou lyf? Sit jou gunsteling-jeans skielik knapper? Slanker met SARIE is jou antwoord. Binne net 12 weke kan jy slanker, fikser en gesonder voel met dié eet-en-oefenprogram wat deur kundiges saamgestel is. Ons almal het ons eie redes. Of dit nou ter wille van jou gesondheid is, om lekkerder saam met die kinders te kan speel, of ’n skoolreünie wat om die draai is – saam met SARIE kan jy jou doelwit aanpak en bereik. Sluit nou aan: https://slankermetsarie.co.za/

BRONNE: Vitality Magazine, Forbes, Universiteit van Exeter