Die aktrise Kelly Preston het op 57 jaar haar stryd teen borskanker verloor. Sy laat haar akteur-man, John Travolta, en twee kinders, Ella en Benjamin, agter. 

John het die hartseer nuus op sy Instagram-blad gedeel:

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) is borskanker steeds die kanker wat die meeste by vroue gediagnoseer word en ook die meeste sterftes veroorsaak. Sowat 2,1 miljoen vroue word jaarliks daardeur geraak.

Daar is belangrike simptome waarvoor vroue moet uitkyk.

5 simptome van borskanker

EPEL-
AFSKEIDING
EPEL-
AFSKEIDING

1. Tepel-afskeiding

Dis normaal as jy swanger is of borsvoed. Gebeur dit andersins en die afskeiding is bloederig of helder, selfs al druk jy dit nie, gaan dokter toe. Dis egter nie outomaties ’n teken van kanker nie. Nie-kankeragtige gewasse, genoem papillomas, kan ook ’n bloederige afskeiding veroorsaak. So ook geboortebeperkings-middels, borsinfeksies en fibrosistiese (knopperige) borste.

2. Plat tepels

Die meeste vroue se
tepels reageer op
die koue of as dit
gestimuleer word.
“Plat” tepels – dit
maak nie ’n punt
op die oppervlak
nie – is egter nie
so buitengewoon
nie en kom by 1 uit
10 vroue voor.
Dit kan ook ná
borsvoeding gebeur
weens ’n verlies aan
borsweefsel. Maar
as dit eensklaps
gebeur, besoek ’n
dokter. ’n Gewas
kan ’n melkaar
verkort en die tepel
“terugtrek”.

Die meeste vroue se tepels reageer op die koue of as dit gestimuleer word. “Plat” tepels – dit maak nie ’n punt op die oppervlak nie – is egter nie so buitengewoon nie en kom by 1 uit 10 vroue voor. Dit kan ook ná borsvoeding gebeur weens ’n verlies aan borsweefsel. Maar as dit eensklaps gebeur, besoek ’n dokter. ’n Gewas kan ’n melkaar verkort en die tepel “terugtrek”

3. Duikies in die vel

Dit kan soms
’n teken van
inflammatoriese
borskanker wees.
Kankerselle kan
veroorsaak dat
limfvloeistof
opbou, wat tot
swelling sowel
as “kuiltjies”
of “duikies” in
die vel kan lei.
Dokters noem dit
“peau d’orange”
omdat die vel nes
lemoenskil lyk. Dis
duideliker as jy jou
arms lig.

Dit kan soms ’n teken van inflammatoriese borskanker wees. Kankerselle kan veroorsaak dat limfvloeistof opbou, wat tot swelling sowel as “kuiltjies” of “duikies” in die vel kan lei. Dokters noem dit “peau d’orange” omdat die vel nes lemoenskil lyk. Dis duideliker as jy jou arms lig.

4. Bors-asimmetrie

Niemand se borste
is perfek simmetries
nie. Maar as een van
jou borste skielik
groter as die ander
een word, of die
vorm verander
op een of ander
manier, gaan vir ’n
doktersondersoek.
Tubulêre of lobulêre
borskanker kan
bors-asimmetrie
veroorsaak, maar
gewigsverlies of
-toename óók.

Niemand se borste is perfek simmetries nie. Maar as een van jou borste skielik groter as die ander een word, of die vorm verander op een of ander manier, gaan vir ’n doktersondersoek. Tubulêre of lobulêre borskanker kan bors-asimmetrie veroorsaak, maar gewigsverlies of -toename óók.

5. Rooiheid of uitslag

Dit kan jou bra, seep of room wees. Gaan tog maar dokter toe as jy ’n rooiheid of sproetagtige uitslag het wat warm voel en nie weggaan nie. In seldsame gevalle kan dit ’n teken van inflammatoriese borskanker wees. Bors- of tepelpyn kan ook ’n simptoom van dié aggressiewe soort borskanker wees.