’n Mens hoor dikwels teenstrydige menings oor immuniteit en of dit wetenskaplik moontlik is om jou immuunstelsel te versterk teen infeksie deur bakterieë en virusse. 

Volgens die wetenskap is daar 4 belangrike boustene vir ’n gesonde immuunstelsel:

  • Volgehoue matige oefening
  • Genoeg slaap
  • Stresbestuur deur aktiwiteite te beoefen soos meditasie, stokperdjies, tyd in die natuur deur te bring, gesonde sosialisering, terapie en ’n goeie werk-lewe-balans.
  • ’n Gesonde dieet

Daar is steeds in die wêreld van wetenskap ’n meningsverskil oor die volgende kwessie: Kan jy steeds al die voedingstowwe wat jou liggaam benodig van jou daaglikse dieet kry? 

Vandag is dit egter moeilik vir bedrywige vroue om ’n gesonde én volhoubare dieet te handhaaf. Selfs al kry ons dit reg, hoe kan mens egter verseker dat ons genoeg van al die voedingstowwe inkry? Die gebruik van insekdoders en hormoontoevoegings in landbou, asook ’n kunsmatige verlengde raklewe kan die voedingswaarde van kos vernietig. 

Dis dus ’n goeie idee om die hulp van ’n aanvulling in te span, sodat jy seker kan maak dat jy in hierdie uitdagende tyd gesond bly. 

Vascafem se aanvullings is uniek geformuleer vir vroue. Dit bevat ’n kombinasie van natuurlike bestanddele wat jou immuunstelsel kan versterk en jou bloedsomloop verbeter, en voorsien jou liggaam ook van noodsaaklike kalsium wat maklik geabsorbeer word.

Laat Vascafem jou help om voorbereid te wees op uitdagings. Besoek Vascafem se webtuiste of skakel hul dienssentrum by 011 480 4916.