1. MEER GROENTE, MINDER VLEIS

Dis eenvoudig: Groente het minder kJ, maar baie water en vesel sodat jy steeds versadig voel. Boonop het dit hope voedingstowwe, wat goed is vir jou. Sorg dat minstens die helfte van jou bord vol groente is.

2. BRAAIVLEIS IS BETER

Wanneer jy vleis of groente panbraai, raak dit deurweek met die botter of olie waarin dit gaargemaak word. Dit laat die kJ vinnig opstapel. Braaivleis is beter – die ekstra vet drup dan in die kole. Dieselfde as jy kos in die oond braai, op ’n draadrak oor ’n pan wat die vet opvang.

3. POSJEER DIT

Dit beteken jy prut iets in vloeistof – enigiets van water tot wyn. Dis ’n goeie manier om ekstra vet van jou eiers weg te hou, maar werk ook met groente, vis, hoender en selfs vrugte.

4. LOS DIE MAYO

Een teelepel mayonnaise het sowat 418 kJ. Gaan jy regtig net een teelepel gebruik? Roomsous, slaaisous en smere laat dikwels die kJ vinnig vermeerder. Kies ’n sous met ’n tamatiebasis eerder as ’n romerige een.

5. PORSIES ...

Die “familiegrootte” pak aartappelskyfies is dalk goedkoper, maar dis moeiliker om te beheer hoeveel jy eet. Tensy jy beplan om dit self in kleiner porsies te verdeel, is dit beter om kleiner pakkies met net een porsie elk te koop.

Slanker met SARIE

Jou gids tot 'n gesonder jy! Slanker met SARIE is ’n webtuiste met gesonde eet- en oefenplanne, ontwerp deur kenners om jou lyf in haar beste toestand nog te kry.

Jy kry ’n 12-week-oefenprogram met daaglikse oefensessies en eetplanne wat maklik is om te volg – vanuit die gerief van jou eie huis! Ons doen hierdie saam en bou ’n gemeenskap van vroue wat kan ondersteun en wys hoe hulle vorder.

Wat okal jou rede mag wees, durf hierdie reis na ’n gesonder jy saam met ons aan! KLIK HIER