Die artikel 'My man is ’n narsis’ – SARIE-leser vertel het onlangs soos ’n veldbrand versprei. Talle vroue van reg oor die land kon met dié leser en haar brief identifiseer.
Maar vir Merida van der Walt* het dit ou wonde oopgekrap. “Dit het gevoel of ek ’n brief van my eie ma lees. Wat van die kinders? Hulle kry ook swaar.”
Ek wil graag aansluit by die lesersbrief “My man is ’n narsis” op SARIE.com.