
Sommige ouers het hulp nodig met saamrygeleenthede vir hul kinders. Ander het leë sitplekke terwyl hulle hul kinders rondry. Nou is daar ’n gemeenskaplike oplossing vir die probleem: Die d6 Connect-app bring ouers wat hulp benodig in verbinding met die wat dit kan bied*.
Hoe dit werk:
Ouers wat ’n rit wil bespreek: Gaan in die d6 Connect-app, na “saamry” onder die afdeling “meer”. Wanneer jy klik op “bespreek ’n rit”, sal jy sien daar is saamrygeleenthede aangebied deur ouers in jou skool. As daar niks beskikbaar is nie, kan jy een versoek deur die besonderhede van jou saamrygeleentheid (datum, tye en optel- en aflaaiplek) te lys.
Ouers wat ritte kan bied: Maak die d6 Connect-app oop, gaan na “meer”, kies “saamry” en klik op “skep ’n rit”. Jy kan jou ritte daar lys, of as jy klik op “help out” op die pienk banier, sal jy versoeke sien wat ouers wat geleenthede in jou gemeenskap benodig, geskep het.
Is dit veilig?
Jy kan die d6 Connect-saamrygeleentheid met ’n geruste hart gebruik, want hierdie skoolsaamry-platform is beperk tot die ouers van jou kind se skool. Dis ’n ryklub net vir jou skool en bied ’n oplossing vir ouers deur ouers in die gemeenskap.
Haal dié van jou bekommernislysie af:
- Is my kind se inligting veilig op die app? Ja! Eers nadat die ouer wat bestuur ’n bespreking aanvaar het, sal hulle ’n foto en optel- en aflaaiplek van hul Zipalong (die kind wat die reis meemaak) sien.
- Sal ons weet wie is die bestuurder? Natuurlik! Daar is foto’s van alle ouers wat bestuur langs die beskikbare rit in d6 Connect. Jy sal presies weet saam met wie jou kind ry en kan ook die foto van die ouer wat bestuur en sy/haar voertuig met jou kind via WhatsApp deel.
- Wat as my kind nie meer kan saamry nie? Jy kan enige tyd kanselleer, maar onthou, ouers maak staat op mekaar; doen dit dus vooruit en met ’n geldige verskoning.
- Wat is die geheime wagwoord? Die woord of sin verseker dat jou kind met die regte ouer ’n geleentheid kry. Dis eers beskikbaar aan die ouer wat bestuur sodra die reis bevestig is.
- Hoe weet ek waar my kind is? Jy kan die rit op ’n kaart volg en presies weet waar jou kind tydens die rit is.
Klik hier om die blad met die saamryfunksie oop te maak.
*Vir ouers van d6 Connect-skole.