Tyd staan nie stil nie en sy wou voor dertig haar eie besigheid hê. Einde 2014 het Carlize Earle haar binneversierwinkel, Earle Design, op George oopgemaak.
Sy sal 2015 nooit vergeet nie. “My besigheid het goed afgeskop, en ek het SARIE se Voorbladgesigwedstryd gewen.” Sy is steeds verstom dat sy op die laaste nippertjie besluit het om in te skryf en toe wél gewen het.
Carlize was nog altyd onafhanklik. Op laerskool al het sy ou klere, speelgoed en kombuisware uit die motorhuis verkoop. “Met markdag by die skool was daar geen keer aan my nie.”