Die artikel het oorspronklik in SARIE se November/Desember 2020-uitgawe verskyn:
Die een is ’n fyngebaksjef, die ander ’n naaldwerkster, en die kans dat dié twee Italianers se paaie ooit sou kruis, was skraal.
Maar toe raak Cristina Pedrinzani en Ilaria Belardi albei verlief op Masai-krygers van die Tanga-streek in Tanzanië. En ’n hegte vriendskap word gebore. Want min vriendinne kan saampraat oor slaap in modderhutte of die taboe om jou geliefde in die openbaar te soen, om met jou skoonma op die grond te sit en bokmelktee drink, die kuns van pole pole (stadig) leef en die betowering van ’n sonsondergang oor die savanna-landskap van Tanzanië . . .