Dis ’n komplekse, brose verhouding – van nog altyd af. Fisiologies is ma en dogter na aan mekaar, so waarom is hulle emosioneel dikwels so verwyderd? Dalk juis omdat ooreenstemmende pole mekaar wegstoot, reken die kenners.

1. Soek altyd eerste toenadering. As jy wag vir die ander een, gebeur daar dalk niks nie.

2. Verander jouself. Ons dink altyd die a´nder een moet verander, maar jy kannie hul reaksies verander nie, net hoe jy daarop reageer.

3. Jou verwagtinge moet realisties wees. Dikwels glo jy die ander een weet hoe jy voel en se^ dus niks, maar niemand kan gedagtes lees nie.

4.Luister, luister, luister. As die ma of die dogter vir mekaar se^ hulle hoor, verstaan en reflekteer, lei dit tot harmonie. Luister ook na wat tussen die lyne gese^ word.

5. As skade gedoen is, maak dit dadelik reg. Konflik is nodig, maar praat dinge uit.

6. Wat sou jy´ in haar skoene doen? Elkeen het sy eie verlede, emosionele “wonde”, verwagtinge, drome. As jy empatie daarvoor het, het jy groter begrip vir haar.

7. Leer om te vergewe. Dit beteken nie jy se^ dit is oukei as iemand jou sleg/sonder respek behandel nie. Maar daarsonder kan jy nie aanbeweeg nie.

8. Moenie ou koeie opgrawe nie. Konsentreer op die hede.

9. Stel gesonde grense. As jou ma jou nie soos ’n volwassene behandel nie, knip die telefoongesprek kort of kuier korter, eerder as om te stry.

BRON: I Love My Mother, But . . .: Practical Help to Get the Most Out of Your Relationship deur dr. Linda Mintle