Susan het op 56 ’n affair aangeknoop. Die laaste mens van wie jy dit sou verwag – mense het gereeld haar en haar man se verhouding besing, en beny.
Ná 25 jaar se getroude lewe het Leon haar steeds op die hande gedra, tee geskink nog voordat sy daarvoor gevra het, haar deur die dag kom opsoek vir drukkies en hulle het mekaar gedurig ge-“Liefie” en ge-“Skatlam” . . .
Maar saans het Susan alleen kamer toe gegaan. Sy het in hul groot dubbelbed geslaap, Leon op die rusbank voor die televisie waar hy elke aand ingedommel het en eers die volgende oggend wakker geword het.