Lizette Volkwyn is ’n energieke, dinamiese no-nonsense waarheidskonsultant, lewensafrigter en motiveringspreker met ’n passie vir menslike gedragspatrone en ’n aktivis vir self-aanvaarding en uniekheid.
“Alhoewel professionalisme, perfeksionisme en net die beste vir my aanvaarbaar is, is ek net so geduldig met my eie swakhede en sien dit as ’n geleentheid om te groei,” vertel sy.
“Dit is juis uit my lewensreis van oppe en affe dat ek ’n passie ontwikkel het om mense te help groei, hulle eie uniekheid te aanvaar en die lewe trompop te benader met selfvertroue.”