Dié stedelike toevlugsoord in Kaapstad het ’n verruklike Winterprogram wat ontwerp is om jou gemoed te verwarm en jong gaste ná die komende skoolvakansie met onvergeetlike herinneringe terug huis toe te stuur.

Of jy nou saam met jou gesin kom kuier, as ’n paartjie of saam met vriende: Dié twee week lange vakansieplan is propvol prettige en ontspannende ervarings, van pizza bak en joga tot Kersfees in Julie en ’n binnenshuise Olimpiese Spele.

Die kleingoed kan saam met KidsOnly om die wêreld reis na ander One&Only-oorde, hulle laat inspireer deur verskillende kulture en landskappe en tema-kunsaktiwiteite en tradisionele speletjies. Om dié Julie se wêreldwye sportgeleenthede te vier, gaan KidsOnly ook gasheer speel vir heelparty uitdagings en mini-kompetisies soos ’n binnenshuise Olimpiese Spele.

Wat is nou lekkerder op winterdae as om die kombuis te werskaf? Die jongspan kan pizzas bou, kolwyntjies versier en gemmerkoekies bak. Sluit aan by die oord se kookkuns-span, wat ’n oog sal hou oor hierdie plesierige, interaktiewe ervarings in ons pragtige bakkombuis. Of gaan maak ’n draai by ons buurman, die Twee Oseane-akwarium, en ontmoet die oulike seeskilpaaie in die “Twee Oseane-bewaringservaring” wat ons saam met die akwarium aanbied.

Ontdek die diepseewêreld van die selakant, ’n lewendige dinosourus, in ’n praatjie deur professor Mike Bruton, skrywer van The Amazing Coelacanth. Dié geleentheid vind op 15 Julie plaas en word gevolg deur ’n heerlike viergang-aandete in die Ochre-restaurant.

Die vakansie word op die 18de ekstra feestelik wanneer ons ’n spesiale Kersfees-in-Julie-partytjie hou – ’n dekadente middagete-tafel vol vakansiegunstelinge, kompleet met tema-vermaak vir die kleintjies.

Vir diegene met ’n suikertand is daar ook ’n Kersfees-geïnspireerde weergawe van die oord se beroemde Afternoon Tea in die Vista-sitkamer.

Ná al hierdie genietery is dit tyd om balans en harmonie te herstel met ’n reeks jogaklasse by die oord se spesialis-instrukteur, of jouself uit te daag in ’n energieke oefensessie saam met die fiksheidspan.

Vir mense wat die pragtige Kaapstadse stappaaie wil verken is daar die Gesinstaptog saam met die oord se opgeleide berggidse – die word volgens jou fiksheidsvlak aangepas.

Om jou gees, siel en liggaam te verfris, kan jy jou laat pamperlang by die One&Only Spa. Daar’s ’n beperkte Winter-welstandsaanbod wat ook toegang bied tot die luukse warm-en-kouewater-suites en ander geriewe.

Bederf jou geliefdes dié winter met ’n opwindende, gesellige ervaring terwyl One&Only Cape Town elke oomblik elke wens vervul. Vir mense wat in Suid-Afrika woon is daar One Escape, ’n opsie wat spesiale tariewe vir jul verblyf insluit, asook 25% afslag op kos en drankies.

Gaan na oneandonlyresorts.com om te bespreek of as jy nog inligting verlang.