Tienerswangerskap. Wêreldwyd ’n kwessie. Baie jong vroue is radeloos en worstel, net soos dié leser oor hoe hulle die kleintjie gaan grootkry. Party kry ’n aborsie, ander gaan voort met die swangerskap en laat die kind aanneem. Dikwels is dit die grootouers wat moet uitspring en help.
Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) is meisies tussen 15 en 19 verantwoordelik vir 11% van alle geboortes ter wêreld en 95% van hulle kom uit laetot middelinkomstelande, soos Suid-Afrika, berig News24. Syfers van Statistieke SA wys in 2017 het meer as 100 000 meisies in Suid-Afrika ma geword en 3 000 van hulle was tussen 10 en 14 jaar oud. (iol.co.za)
Verlede jaar is die “taboe-onderwerp” van tienerswangerskap in een van die storielyne in die gewilde gesinsdramareeks Alles Malan aangeroer gewees. Hulle wou wys familie en vriende kan saamstaan om hul dogter te ondersteun, sê die skeppers, redigeerders en vervaardigers van die reeks, Corné en René van Rooyen. “Navorsing wys baie ouers sukkel om dit te verwerk en ons wou dit op ’n gesonde manier voorstel.”