Tydens die inperking het baie verhoudings ’n knou gekry. Party paartjies kon nie die stres hanteer nie, skielik was hulle dagin en daguit in mekaar se geselskap . . . en vir sommige het die persoon aan hul sy skielik soos ’n vreemdeling gevoel.
Baie het werk gemaak daarvan om hul verhouding te red, ander het hulle tot die skeihof gewend as die krake net te groot was om te herstel.
Wat ook al die oorsaak dat twee mense uitmekaargaan, die pad na heling is nooit maklik nie – maar dit ís moontlik.