Kim Potgieter was meer as dertig jaar in ’n emosionele stryd gewikkel – met geld.
Deesdae is sy ’n suksesvolle finansiële beplanner en skrywer van verskeie boeke oor geldsake (haar boek, 30 Money Mistakes Women Make and Ways to Get Back on Track, is in e-boek-formaat beskikbaar), maar selfs nou nog voel sy soms die ongemak, vrees en skaamte wat sy as jong meisie gevoel het – juis as gevolg van geld, vertel sy.
Vir Kim het dié moeilike pad in haar ouerhuis begin.