Lus vir ’n nuwe ryding? Dit lyk so “maklik”, maar pasop! Op die ingewing van die oomblik koop jy jou dalk vas. Onthou dié goue reëls:
1. Maak seker die maandelikse paaiement slurp nie al jou besteebare inkomste op nie. Dit is wys om ekstra kontant in jou sak te hê vir onverwagte uitgawes of ingeval die rentekoers styg.
2. Neem die koste van petrol, versekering, onderhoud en herstelwerk in ag. Jy wil nie jou begroting knou en in ’n geldelike verknorsing beland nie.