Die nuwe Galaxy S21 5G Slimfoon word wyd lof toegeswaai. Dit word aangedryf deur die mees gevorderde prosesseerder tot dusver in ’n Galaxy-toestel, het ’n pragtige 120Hz-skerm, en ’n groot battery wat ure se ononderbroke werk- en speeltyd moontlik maak. Die nuwe Galaxy S21 5G is werklik epies. Baie mense is ook opgewonde oor die Galaxy S21 se gevorderde kamerategnologie. 

samsung
Die nuwe Galaxy S21 5G word aangedryf deur die mees gevorderde prosesseerder tot dusver in ’n Galaxy-toestel en het ’n pragtige 120Hz-skerm.

LIGTE, KAMERA EN AKSIE!

Jy kan nou asemrowende foto’s en video’s neem, ongeag of jy in ’n omgewing met swak of skerp lig of ver of naby die onderwerp is. Toe hulle die kamera vir die Samsung Galaxy S21 Series 5G slimfoon geskep het, het Samsung daarop gefokus om mense die kans te gee om moeiteloos die beste hoëgehaltefoto’s en -video’s enige tyd vas te lê. Dit maak dit vir jou maklik om fliekgehalte video’s te skiet wat professioneel lyk en deur kunsmatige intelligensie in die toestel aangedryf word. Jy sal die krag van dié slim stelsel in gewilde kenmerke soos “Single Take” sien. Die intelligente tegnologie stel jou in staat om met een vingertik ’n verskeidenheid foto’s en videoformate vas te lê. Basies verfilm jy ’n toneel en ontvang outomaties ’n groep van verskillende foto’s en video’s.

samsung
Die Samsung Galaxy S21 series 5G gee jou die kans om moeiteloos die beste hoëgehaltefoto’s en -video’s enige tyd vas te lê. Dit beteken jy kan fliekgehalte video’s skiet wat professioneel lyk.

NUWE TEGNOLOGIE

Daar is heelwat nuwe tegnologie en innovasie beskikbaar, soos die Galaxy se gevorderdste beeldsensor – ’n indrukwekkende 108MP. Die kamerastelsel van professionele standaard verhoog die peil vir beroepsfotograwe en almal wat 8K-videovermoëns wil hê. Dit kan ook hoëresolusiefoto’s skep.

samsung
Die kamerastelsel van professionele standaard verhoog die peil vir beroepsfotograwe en almal wat 8K-videovermoëns wil hê

RUIL IN

Galaxy-aanhangers wat die Samsung Galaxy S21 Series 5G slimfoon wil koop, kan nou ten volle van Samsung se gewilde inruilprogram gebruik maak. Met die Samsung-inruilprogram kan jy R4 800 in gewaarborgde waarde kry. Verbruikers kan meer as 6 000 Samsung- en nie-Samsung-toestelle inruil, soos skootrekenaars, selfone, slimhorlosies, tablette en vele meer. Met Samsung kan jy soveel toestelle inruil as wat jy wil, uitsluitlik by Samsung Stores landwyd en by die Samsung Online Store, wat vir jou ’n maklike en veilige manier bied om na die nuwe Galaxy S21 Series 5G slimfoon oor te skakel. Samsung Care+, die ongeluksdiensplan eksklusief aan Galaxy-slimfone, bied selfs meer waarde. Jy kan jou Samsung Galaxy S21 Series 5G slimfoon koop en Samsung Care+ van so min as R499 eenmalig kry (dit sluit twee keer se skermherstelwerk oor 24 maande2 in).

samsung
Die intelligente tegnologie stel jou in staat om met een vingertik ’n verskeidenheid foto’s en videoformate vas te lê. Basies verfilm jy ’n toneel en ontvang outomaties ’n groep van verskillende foto’s en video’s.

WEN ’N SAMSUNG GALAXY S21+ 5G-SLIMFOON

Hier is jou kans om die asemrowende slimfoon gratis in die hande te kry! ’n Gelukkige leser kan ’n Galaxy S21+ 5G wen. Klik hier vir die kompetisie.