Toe die Suid-Afrikaanse avonturier Chris Bertish die eerste persoon geword het wat die Atlantiese Oseaan (meer as 7,500km) op ’n staan-roeiplank (stand-up paddleboard) oorgesteek het, het hy iets gedoen wat die meeste mense gedink het onmoontlik is. Oor 93 dae en 93 nagte, solo en sonder enige bystand, het hy bewys dat jy met inspanning, energie en toewyding die perke kan oorskry van wat menslik moontlik is.

“Ek glo dat as jy deur passie aangevuur word en ’n doelwit het wat groter is as jyself, kan jy enige uitdaging oorkom en die skynbaar onmoontlike regkry,” sê Chris. 

Chris Bertish wil ander aanspoor om hul potensiaal te bereik. FOTO verskaf

Wanneer hy nie op ’n ongelooflike avontuur is nie, mik Chris daarna om ander mense aan te spoor om hul potensiaal te bereik, meer te doen, beter te wees en hul beste lewens met passie en toewyding te leef. Chris sal sy fassinerende en dapper verhaal deel – een wat beslis ander mense sal inspireer – by die SalesGuru Live-byeenkoms om 09:00 op 12 Februarie.

Ook by die byeenkoms is Mark Keating, die uitvoerende hoof van SalesGuru, wat praktiese wenke sal deel oor hoe om ’n wen-ingesteldheid te handhaaf en die sukses te behaal wat jy begeer.

Mark Keating, uitvoerende hoof van SalesGuru, deel praktiese wenke vir 'n wen-ingesteldheid. FOTO: verskaf

“Ons wil almal sukses behaal, maar om dit reg te kry moet verkoopslui die grootste struikelblok oorkom wat hulle terughou: hulleself,” sê Mark. “In die jare wat ons onderhoude gevoer het met die top-een persent van verkoopsmense, het ons gevind daar ís ’n wenresep, wat, as jy dit volg, jou kanse op sukses dramaties sal verbeter.”

Die inspirasie en motivering sal tot voordeel wees van verkoopsmense sowel as mense in ander bedrywe. Vir ’n voorsmakie van wat om te verwag, gaan kyk na Chris en Mark se video’s.

Moenie dit misloop nie. Om jou plek te bespreek, gaan na salesguru.co.za of e-pos info@salesguru.co.za of skakel 011 465 2900.