Die nuwe Galaxy Note20-reeks het al die eienskappe van die Galaxy-reeks waaroor jy dol is, plus ’n paar ekstras! Danksy die supervinnige S-pen, intelligente battery en vermoë om regstreeks te sinchroniseer, kan dit byhou by Maps Maponyane se besige skedule. Geen wonder dié bekende TV-aanbieder, filantroop en entrepreneur is ’n aanhanger van die handelsmerk nie!

Dié nuwe toevoeging tot die reeks is in Augustus vanjaar bekendgestel en bou voort op die handelsmerk se reputasie. Dis Samsung se kragtigste Note tot dusver. Die Galaxy Note20 het die vinnigste prosesseerder van al die Galaxy-toestelle. Dit bied toptegnologie en die beste mobiele ervaring in sy klas, sonder dat dit enigiets weggeneem het van die ikoniese ontwerp.

Die Galaxy Note20 en Galaxy Note20 Ultra is albei beskikbaar in nuwe mistieke kleure – sagte, neutrale skakerings met ’n dowwe tekstuur wat vingerafdrukmerke en smere tot die minimum beperk.

Maps het die bekendstelling bygewoon en ons het hom uitgevra oor die opwindende nuwe lid in die Galaxy Note20-reeks.

 

Wat dink jy van die S-pen?

Dis ’n groot verandering. Die blitsvinnige S-pen is nou vier keer vinniger as die Galaxy Note10 – en dít was reeds vinnig. Een van my gunsteling-eienskappe is die AI-stilering. Ongeag hoe jou handskrif lyk, die Galaxy Note20 kan dit netjies maak en laat jou toe om maklik kommentaar en grafika by die PDF te voeg. Die vermoë om my notas met die oudio-opnames van ’n vergaderuing te kombineer, is ’n groot pluspunt. As jy tegelykertyd opnames en notas maak, kan jy teruggaan en op enige woord tik wat jy neergeskryf het, en die Galaxy sal outomaties die korrekte klankopname speel wat daarby pas.

 

Voel jy die Samsung Galaxy Note20 Series kan jou vlak van produktiwiteit ewenaar?

Ja, beslis! Om die waarheid te sê, dit neem my produktiwiteit na ’n nuwe hoogte. Die Galaxy Note20-reeks help jou om meer gedoen te kry danksy bedryfsleidende produktiwiteit. Vanweë die verskeie rolle wat ek moet speel – van aanbieder tot entrepreneur – waardeer ek die intelligente battery wat ’n dag lank kan hou en die supervinnige herlaaivermoë. Jy kry meer as 50% herlading binne 30 minute. Dis die soort verrigting waarna ek soek.

 

Is jy dus tevrede om hierdie toestel te gebruik as jy van die huis af moet werk?

Ja, ek is. Danksy Samsung se vennootskap met Microsoft kan jy feitlik dadelik jou foon met jou rekenaar sinchroniseer. Jy kan dus iets op jou foon begin, en dit op jou rekenaar of tablet voltooi. En, as jy eers daar is, kan jy lêers tussen jou rekenaar en foon uitruil (“drag and drop”). Of jy nou wil werk of speel, die Galaxy Note20 Series ken sy storie.

Vir iemand soos Maps, wat altyd aan die beweeg is, tik die Galaxy Note20 duidelik ’n hele paar boksies. Dink net aan wat dit vir jou kan doen!

* Die foto’s is slegs vir illustrasie en mag verskil van die produk. Produkspesifikasies verskil volgens land, streek, model en diensverskaffer.