book-icon Uitgawe Julie 2020
Deel

Kleinsake-ondernemings: Oorleef Covid-19 só

akkreditasie
*Virus-Proof Your Small Business:
50 Ways to Survive the Covid-19 Crisis deur
Douglas Kruger kos R90. Dis ook as e-boek
beskikbaar op Google Play en Snapplify
*Virus-Proof Your Small Business: 50 Ways to Survive the Covid-19 Crisis deur Douglas Kruger kos R90. Dis ook as e-boek beskikbaar op Google Play en Snapplify

Die e-pos van Penguin-uitgewers wat vroeg in lockdown in sy inboks ge-“pieng” het, was bedrieglik eenvoudig: Is jy bereid om ’n boek oor sakeredding te skryf? Maar skrywer Douglas Kruger het dadelik besef dit sou “’n stewige klim bergop verg, dalk selfs ’n bergwedloop!” Hy het diep asemgeskep, ’n skietgebed opgestuur en ja gesê, “voordat ek genoeg tyd gehad het om ordentlik daaroor te dink,” sê hy.

Die eindresultaat van dié sprong in die duister, Virus-Proof Your Small Business: 50 Ways to Survive the Covid-19 Crisis, verkoop reeds reg oor die wêreld – dis tot in Kroasië en Roemenië beskikbaar. Douglas het dit in een week geskryf. Met nóg ’n week vir redigeer en ’n derde een om dit as oudioboek op te neem. ’n Rekordtyd, aldus sy uitgewer.

Reeds voor die boek verskyn het, het Douglas al van sy wenke op sy YouTube-kanaal gedeel. “Ek glo besigheid is nie ’n zero-som-spel nie. Hoe meer ons almal vooruitgang beleef ... wel, hoe meer vind almal daarby baat. Mense praat soms van ‘selfsugtige kapitaliste’, maar ek sien soveel vrygewigheid rondom my ... sake-eienaars wat alles in die stryd werp om hul personeel aan die gang te hou.”

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
JONGSTE UITGAWE

Mei/Junie-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees