Ouers! Het julle al van die nuttige saamrydiens gehoor? Dis vir ouers deur ouers, beskikbaar in die d6 Connect-app.

Met soveel hooi op jou vurk en plekke om te wees, help dit om te kan staatmaak op die mense rondom jou. Dit verg immers ’n gemeenskap om na kinders om te sien.

As jy in ’n vergadering of in die knyp is of bloot nie toegang het tot ’n motor nie, en jou kind moet van punt A tot punt B kom – of dit huis toe of na ’n sokkeroefening is – hoekom maak jy nie gebruik van die platform waar jy ’n saamrygeleentheid kan deel nie?

So werk dit

Gaan na die “Saamry”-opsie in d6 Connect en kom in verbinding met ander ouers in die gemeenskap. Hoe meer ouers die platform gebruik, hoe beter.

Moenie bekommerd wees of sleg voel wanneer jy nie jou kind/ers kan aflaai of oppik nie – skakel bloot met ouers wat reeds in daardie rigting ry. Of dit nou skool toe is of buitemuurse aktiwiteite, “Saamry” is vir jou!

Wat is die d6 Connect-app?

Die d6 Connect-app is ontwerp om kommunikasie tussen die skool en ouers te vereenvoudig.

Dis ’n nuttige bron van al die inligting wat jy benodig om betrokke en ingelig te bly – deur die blote druk van ’n knoppie.

Ouers moet deel van 'n d6 Connect-skool wees om van die diens gebruik te maak. (Die ouers se kontaknommer moet op die skool se databasis wees.)

Wat maak hierdie saamryplatform anders?

As jy ’n saamrygeleentheid vir jou kind/ers soek en nie gemaklik is om 'n eksterne app te gebruik vir openbare vervoer nie, is dit die oplossing vir jou.

Kry die gemeenskapsgedrewe oplossing. Bied aan om ritte op die app te doen of bespreek ritte vir bepaalde datums waarop jy ’n saamrygeleentheid vir jou kind/ers soek.Dit is ’n diens vir ouers deur ouers. Net ouers wat in ’n d6 Connect-skoolgemeenskap geregistreer is, sal toegang tot die app hê.

Dít is hoe dit werk.