Die Galaxy S21 5G-reeks is onmiskenbaar die vernuwingsleier Samsung se beste toestel nóg. Dit sal elke dag onvergeetlik maak!

Die S21 is in ’n reeks kleure beskikbaar wat die koppe sal laat draai, en die wasige afwerking is krapbestand. Boonop gebruik dit die mees gevorderde prosesseerder ooit in enige Galaxy-toestel. En danksy ’n ekostelsel van Galaxy se vernuwende tegnologie en ander toestelle wat daarmee kan verbind, is daar feitlik geen einde aan wat hierdie slimfoon kan doen nie. Die reeks, wat nou beskikbaar is, sluit die Galaxy S21, Galaxy S21+ en Galaxy S21 Ultra in – almal 5G-gereed.

Jy sal dol wees oor die professionele gehalte van die S21 se kamera, ongeag hoe bedrewe jy is met foto’s neem. Dit het verskeie verbeterings ondergaan en sluit nou in 8K-video, die hoogste resolusie-video wat tot nog toe in ’n slimfoon beskikbaar gestel is. Jy kan ook asemrowende foto’s vanaf hoëresolusievideo’s trek. Jy hoef dus nie óf foto’s óf video’s te neem nie – jy kan albei gelyk doen. Wat meer is, wanneer jy foto’s neem, neem die kamera ’n outomatiese stadige-aksie-video. Dit sal jou spesiale oomblikke saam met jou familie help verewig. 

Jy hoef ook nie meer bang te wees dat jou foon se battery sal leegloop terwyl jy ’n belangrike oproep maak nie, want die Galaxy S21 Ultra se groot (tot 5 000 mAH) heeldagbattery is opgewasse teen die uitdagings van selfs die besigste dae.

FOTO Verskaf

BESTEL JOUNE VANDAG NOG

Die nuwe Galaxy S21 5G-reeks is nou landwyd te koop. Koop dit vandag en ontvang 'n gratis geskenk saam met jou nuwe Galaxy S21 Ultra, S21 of S21+, insluitend die Galaxy Buds Pro of Galaxy Buds Live, Galaxy SmartTag en Samsung Care+ teen ’n eenmalige bedrag van R499. Die Galaxy SmartTag kan geheg word aan jou persoonlike besittings wat jy wil opspoor, soos sleutels, troeteldiere en bagasie.

Die promosie is vir ’n beperkte tyd gelding, en slegs terwyl voorraad hou.

Jy kan ook ten volle voordeel trek uit die Samsung Trade-in-program, wat dit nóg makliker maak om die nuwe Galaxy S21 5G-reeks te besit. Jy kan tot 28 Februarie 2021 tot R10 000 op ’n ou toestel terugkry. Meer as 6 000 Samsung- en nie-Samsung-toestelle kom in aanmerking vir hierdie program. Dit sluit in skootrekenaars, selfone, slimhorlosies, tablette en meer.

As jy besluit om die Galaxy S21-reeks deur die Samsung-aanlynwinkel of ’n Samsung-winkel te bestel, kan jy verder ook tot R3000 afslag kry! Die Galaxy S21 5G begin by R17 999, Galaxy S21+ 5G by R21 499 en die Galaxy S21 Ultra 5G by R27 999.

Vir meer inligting oor die aanbod, besoek samsung.com/za.