Wat nou?! Wees só voorbereid op die onverwagte

akkreditasie
FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images
As 2020 ons een ding geleer het, is dat ons voorbereid moet wees op onaangename verrassings. Christelle Louw van Citadel gee waardevolle raad.

Die Covid-19-pandemie het ons almal onkant gevang. Die ekonomie lyk mank, duisende mense sit nou met minder of geen inkomste nie en begrotings klop nie meer nie.

Christelle Louw, finansiële adiviseur by Citadel, gee dié stappe wat jy op die goeie dae kan doen om seker te maak jy en jou finansies is gereed vir die slegte dae. 

  1. NOODPLAN

Een van die belangrikste elemente van jou finansiële plan is om te verseker dat dit ’n noodplan insluit. Hierdie noodplan sal jou dek vir onverwagte uitgawes, van herstelwerk aan jou huis of motor tot ’n noodoperasie. Onvoorsiene uitgawes kan baie swaar op die sak wees. 

As ’n algemene reël moet jy seker maak jy het ’n noodfonds wat minstens drie tot ses maande van jou uitgawes kan dek. Jy moet maklik toegang kan kry tot die fonds, byvoorbeeld in ’n rentedraende geldmarkrekening. 

’n Waardevolle en buigsame bron van inkomste is ook jou verbandrekening. Hierdie rekening gee vir jou die opsie om in goeie maande te spaar en addisionele bydraes te maak, bo en behalwe jou gewone betalings. In tye van nood kan jy die bykomende bydraes vir onvoorsiene skuld aanwend. 

  1. HERSIEN JOU FINANSIËLE PLAN

Jy moet jou finansiële plan jaarliks hersien. Finansiële beplanning is nie ’n streng wetenskap nie, maar ’n deel van die proses is om jou doelwitte gereeld te bekyk en jou vordering te monitor. Maak ook seker jou noodplan is nog voldoende.

Kyk weer sorgvuldig na jou spaarplan, en indien nodig, analiseer wat verkeerd gegaan het. Bring veranderings aan om in lyn te bly met jou finansiële bestemming en doelwitte. Gebruik Citadel se gratis vraelys vir hulp

  1. DIE STRES-TOETS

Toets jou finansiële plan. Die verskillende drukpunte op ’n begroting is: Uitgawes/spaargeld + inflasie + lewensverwagting + beleggingsopbrengste/-verliese. 

Elkeen van hierdie faktore sal ’n impak hê op jou finansiële plan en jou vermoë om weerstandig te wees teen die onvoorsiene. Sommige van hierdie faktore kan verander (uitgawes/spaargeld), terwyl ander buite jou beheer is (inflasie). Neem egter elke faktor in ag wanneer jy beplan vir jou toekoms, maak voorsiening vir inflasie, wisselende rentekoerse en lae opbrengste. 

Jy kán keer dat slegte tye jou onkant vang. Met ’n noodplan en gereelde finansiële hersiening is jy beskerm teen die onaangename verrassings. 

Soek jy raad en leiding met jou aftrede of finansies? Citadel sal jou help om ’n finansiële padkaart vir die toekoms saam te stel. Besoek die webtuiste hier.

JONGSTE UITGAWE

Maart/April 2022

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees