Daar is verskeie redes hoekom jy oor die nuwe Galaxy S21 Series 5G slimfone sal mal wees. Dit word deur die mees gevorderde verwerker tot nog toe op ’n Galaxy-toestel aangedryf en het ’n asemrowende 120 Hz-kant-tot-kantskerm asook ’n groot battery vir ononderbroke produktiwiteit en vermaak.

En dan is daar die kamera . . .

Ligte, kamera … en aksie!

Jy kan nou asemrowende foto’s en video’s neem, ongeag of jy in ’n omgewing met swak of skerp lig, of ver of naby aan die onderwerp is.

Toe hulle die kamera vir die Galaxy S21 Series 5G geskep het, het Samsung daarop gefokus om mense die kans te gee om op enige tyd moeiteloos die beste hoëgehaltefoto’s en -video’s vas te lê. Dit maak dit vir jou maklik om rolprentresultate te geniet wat professioneel lyk en deur kunsmatige intelligensie in die toestel aangedryf word.

Jy sal die krag van dié slim-stelsel in gewilde kenmerke soos “Single Take” sien. Die intelligente tegnologie stel jou in staat om met een vingertik ’n verskeidenheid foto’s en videoformate vas te lê. Basies verfilm jy ’n toneel en ontvang outomaties ’n groep van verskillende foto’s en video’s.

Nuwe tegnologie

Daar is heelwat nuwe tegnologie en innovasie beskikbaar, soos die Galaxy se mees gevorderde beeldsensor – ’n indrukwekkende 108MP. Die kamerastelsel van professionele standaard verhoog die peil vir beroepsfotograwe en almal wat 8K-videovermoëns wil hê en die vermoë om hoëresolusiefoto’s te skep.

Dis epies

Die reeks bou voort op sy indrukwekkende nalatenskap om ’n gevorderde hoëtegnologie-ervaring te bied wat elke dag epies maak. Dit is 5G-gereed en sal in ’n verskeidenheid modelle beskikbaar wees – onder meer die Galaxy S21 Ultra, wat vir die eerste keer ooit in die Galaxy S-reeks beskikbaar is met ’n S-Pen sodat jy notas kan maak, foto’s kan redigeer of jou idees op ’n drafstap kan skets.  

Ruil in

Galaxy-aanhangers wat die Galaxy S21 Series 5G wil koop, kan nou ten volle van Samsung se gewilde inruilprogram gebruik maak. Met die Samsung-inruilprogram kan jy tot R4 800** gewaarborgde waarde kry. Verbruikers kan meer as 6 000 Samsung en nie-Samsung toestelle inruil, soos skootrekenaars, selfone, slimhorlosies, tablette en vele meer. Met Samsung kan jy soveel toestelle inruil as wat jy wil, uitsluitlik by Samsung Stores landwyd en by die Samsung Online Store, wat vir jou ’n maklike en veilige manier bied om na die nuwe Galaxy S21 Series 5G oor te skakel.

Samsung Care+, die ongeluksdiensplan eksklusief aan Galaxy-slimfone, bied selfs meer waarde. Jy kan jou Galaxy S21 Series 5G koop en Samsung Care+ van so min as R499 eenmalig kry (dit sluit twee skermherstelwerk oor 24 maande*** in).

**Die afslag word bepaal deur die beoordeling van die gebruikte toestel wat vir inruil ingehandig word.

***Bepalings en voorwaardes geld

WEN ’n Samsung Galaxy S21+ slimfoon