Weens die Covid-19-pandemie werk baie mense oor die wêreld heen tans van die huis af om kontak tussen mense te verminder.
Ook in Suid-Afrika het besighede die skuif na tuiskantore gemaak nadat pres. Cyril Ramaphosa ’n noodtoestand aangekondig het.
Ons weet op kantoor kan daar talle afleidings wees, maar tuis kan jy maklik jou eie grootste vyand raak wanneer dit by produktiwiteit kom.