
As jy sukkel om jou kind by die skool en terug te kry, of by die klomp naskool aktiwiteite waaraan hulle deelneem, en dit in die middel van jou eie werksdag, is dit tyd dat jy die d6 Connect-saamryplatform ’n kans gee. Dit werk binne jou skoolgemeenskap, so jy doen eintlik net wat jy gewoonlik doen – vra ’n ander ouer vir ’n lift – maar met die app bereik jy ’n baie groter binnekring. Daarby kan jy die rit virtueel volg op jou foon, dus weet jy altyd waar jou kind is. Ritte kos gewoonlik ’n ouer geld per rit wat hul gebruik, maar as jou skool d6 Connect gebruik, kan jy nou die diens gratis gebruik tot 31 Mei vanjaar! Dis ’n gemeenskapsgedrewe diens en berus 100% op die ouers van die skool om te werk.
Om die app te gebruik:
1. Gaan na jou skool se d6 Connect app op jou foon.
2. Klik op “Meer” (die drie kolletjies onder op die skerm).
3. Kies “Saamry” onder “Ander Dienste.”
4. Kies een van die volgende:
- “Skep ’n rit” om ’n rit aan te bied vir ander kinders.
- “Bespreek ‘n rit” om jou kind op ‘n bestaande rit te sit.
- “Vra vir ’n rit” om ander ouers te vra of hulle plek in hul kar het vir jou kind.
Vir nog inligting of om die app by jou skool te begin gebruik, stuur ’n epos aan support@zipalong.co.za of gaan na d6.co.za/rides.