Hoe lank is jy al in Zürich?

Nadat ek Suid-Afrika in 1998 verlaat het, het ek tot 2002 eers in Duitsland studeer en toe as operasanger gewerk. In 2003 het ek as professionele koorsanger in Zürich begin werk en bly sedertdien hier.

Die Münsterbrug wat oor die Limmatrivier lei na die Grossmu¨nster, een van vier groot kerke in die stad (die ander drie is die Fraumu¨nster, Prediger en St. Peter. FOTO Getty Images / Gallo Images

Vertel meer oor jou werk.

Deur my werk as solis by die Operahuis in Köln en as koorsanger by die Radiokoor in München (Bayerischer Rundfunkchor) het ek kontak gehad met die belangrikste dirigente van daardie tyd. Mense soos Mariss Jansons,  James Levine en Lorin Maazel het my diep beïndruk. Terwyl ek in 2002 in die koor van die Bayreuther Festspiele (musiekfees) gesing het, het die Operahuis in Zürich my as gas vir twee produksies aangestel. As jong solis was dit vir my ’n fantastiese geleentheid; nie net was die operakoor in Zürich ’n uitstekende werksgeleentheid met ’n goeie salaris nie, daar was ook die toere na Parys, Rome, Londen en Tokio. Die beste van alles was dat ek steeds die geleentheid gehad het om klein solorolle en in baie solokonserte te sing. N my jare as koorsanger het ek ’n meestersgraad in kerkmusiek en koorleiding gedoen en werk sedert 2009 as koorleier, dirigent en solis. Ek is tans ’n dosent in koorleiding aan die Zürcher Hochschule der Künste en die hoof van ’n koorskool met meer as 200 jong sangers. Ek werk as kantor – die hoofverantwoordelike vir die kerkmusiek – in die gemeente in Meilen, ’n dorp op die oewer van Zürich se meer.

Ernst Buscagne FOTO Verskaf

Hoekom word Zürich gesien as een van die beste stede ter wêreld om in te bly?

Ek sê altyd, dis so ’n voorreg om in ’n stad te bly waar derduisende mense jaarliks heen kom om vakansie te hou. Uit die hawe van die dorp Männedorf, waar ek bly, sien jy nie net die meer nie, maar ook die hele bergreeks wat van Glarus tot in Graubu¨nden strek. Dis ’n belewenis in die vroeë lente en op herfsdae! Dis egter nie net die natuur wat mooi is nie, dinge soos die openbare verkeersnetwerk is ook puik, dit is baie veilig hier en die kuns- en kultuurlewe in die stad is fantasties. Daarom het ek ook steeds werk as sanger en koorleier.

Hoe ervaar jy die mense?

Ja, dis ’n kwessie wat die laaste tyd gereeld in die internasionale media opgehaal word: Zu¨rich is een van die beste stede ter wêreld om in te leef, maar die mense is so koud en afsydig. Dit is deels waar, die lewe hier het baie voordele, maar dis nie so maklik vir buitelanders om deel van die sosiale lewe te word nie. Die Switsers is baie hartlike mense, maar eers as jy in die binnekring opgeneem word . . . en dit vat lank. Gelukkig het ek en my lewensmaat, Dieter, wat ek in 1998 in Mu¨nchen ontmoet het, baie mense leer ken danksy my betrokkenheid by kore en deur die jare ’n klein maar intieme groep vriende opgebou.

Ernst en sy hond, Jay, wandel tydens ’n vakansie in Tremezzo aan die Comomeer, Itali , in die botaniese tuin van Villa Carlotta. FOTO Verskaf

Klokke speel ’n groot rol.Hoekom?

Die kerke in die stad en omgewing is steeds baie aktief en omdat die gemeentes nog genoeg geld het om die kerke en hul klokke in stand te hou, lui die klokke natuurlik ook nog gereeld. Daar is egter ’n afname in kerkbywoning en hofsake kom gereeld voor waarin die klaers die gemeentes wil dwing om die klokke stil te maak. Die meeste kerke se klokke beier nou net oor naweke of as daar gedurende die week begrafnisse of belangrike geleenthede in die kerk plaasvind. Hier is ’n lang tradisie van Switserse klokgieterye. Baie van hulle bestaan nie meer nie, maar die paar wat nog oor is, hou hulle hoofsaaklik daarmee besig om die bestaande klokke se klank te verbeter sodat die gelui nie die mense so pla nie. Eintlik is dit hartseer, maar in ’n land waar mense so na aan mekaar leef en woon, verstaanbaar.

Ernst op die verhoog s m met sy manskoor, “schmaz”. FOTO Verskaf

Wat maak Switserse sjokolade en kaas spesiaal?

Switserse sjokolade is nie ’n mite nie, maar binne die Europese grense is daar baie ander produsente wie se sjokolade ook lekker is! Persoonlik dink ek die Switserse melksjokolade, waaronder Lindt en Frey wat jy ook in Suid-Afrika kan koop, is van die beste wat daar is. Donkersjokolade is ’n heeltemal ander saak en daar is baie verskillende menings oor wie s’n die beste is . . . byvoorbeeld Frankryk, België of Italië s’n. Oor die laaste jare het Switserse kaasproduksie ook meer internasionale aandag gekry. Veral die bewaring van resepte en kase uit bergstreke soos Graubu¨nden of Wallis word deur nasionale stigtings en programme ondersteun. Die twee beroemde kaasgeregte, Käsefondue en Raclette, is steeds gewild en word veral in die winter geëet. Ook hier is daar van streek tot streek groot verskille. In die suidelike bergstreek Wallis word Raclette net in sy “suiwer” vorm voorgesit: Skywe kaas word in ’n pannetjie gesmelt en saam met piekels en aartappels geëet. Net die beste melk word vir die produksie gebruik, die kaas word nie spesifiek behandel en gepasteuriseer nie, dus het dit ’n besonderse smaak wat jy duidelik kan herken. Hier in Zu¨rich eet mense dié kaas liewer gegeur met peper, knoffel, paprika of ander toevoegsels.

Ernst in aksie by ’n kooroefening. FOTO Verskaf

Een Afrikaanse sê-ding wat jy die meeste mis?

Ek mis Afrikaans baie en ná amper 25 jaar in die buiteland is dit moeilik om die taal nog so te praat en te gebruik dat dit vir my idiomaties mooi klink. My weeklikse gesprekke met my ouers en die paar Afrikaanse kollegas wat hier in Zu¨rich woon, is nie genoeg om ’n mens se taalgebruik en woordeskat lewend te hou en selfs te laat groei nie. Ek het nie ’n gunsteling-sêding wat ek mis nie, eerder die algemene klank van die taal. Die woorde wat iets beskryf wat jy net in Suid-Afrika kry. Ek dink aan daai lied “Somerkersfees”. Somerkersfees is iets wat vir my persoonlik met my heimat te doen het, die klank van die woord, die voorstelling van Kersfees terwyl dit dertig grade Celsius buite is. Net so besonders is die verkleiningsvorm “-tjie”. Ek dink aan ’n woord soos “mandjietjie” – dis absoluut eiesoortig!

Hoekom is die winkels nie op ’n Sondag oop nie?

Dis ’n goeie vraag, maar sekerlik nie omdat Sondae “heilig” is nie. Dit gaan eerder oor die beskerming van werknemers se reg op vrye tyd oor ’n naweek. Switserland bied oneindige rekreasiemoontlikhede (met 65 000 km staproetes! en tallose skigebiede) en die mense maak gereeld daarvan gebruik. Baie werk net ’n 80%-werksweek en nie voltyds nie, sodat hulle meer vrye tyd of familietyd het. Die werknemervakbonde hier speel nie so ’n groot rol in die alledaagse lewe nie, maar as dit oor vrye tyd gaan, is hulle baie streng.

Ernst se koor voer liedere van Edith Piaf uit. FOTO Verskaf

Wat is die storie met al die fonteine?

In Zu¨rich en omstreke is daar meer as 1 200 fonteine. ’n Kwart hiervan, insluitend die meeste fonteine in die antieke deel van die stad, word gevoed deur bronwater afkomstig van ’n 150 km lange stelsel van pypleidings wat uit die 15de eeu dateer. Uit al hierdie fonteine vloei vars water en in die somer is dit ’n lafenis om te drink of jou gesig mee nat te spat. Ongelukkig was dit in 2019 in die somer so droog dat hulle die fonteine moes afskakel om water te bespaar. Ook hier in Switserland sien ons die gevolge van klimaatsverandering jaar ná jaar duideliker.

Ernst saam met Dieter by ’n koorfees in Mu¨nchen. FOTO Verskaf

Reis jy dikwels?

Voor die Covid-krisis het ek gereeld gereis, maar tans kan ons soos baie mense reg oor die w reld net plaaslik reis; dis die groot hoop, dat ons almal ná inenting weer ’n bietjie vryer kan rondbeweeg. Omdat ek ’n wynliefhebber is, en seker ook danksy my onvergeetlike belewenisse in die Kaapse Wynland, is ek mal daaroor om lande met ’n wynmaaktradisie te bereis. ’n Groot gunsteling en uniek vir my is die Wachauvallei in Oostenryk met sy heerlike witwyn Gru¨ner Veltliner en die Piedmontstreek in Frankryk met sy nebbiolo-druifvari teit. Saam met die besonderse landskap van hierdie streke is dit ’n stukkie hemel op aarde, net soos ons wynland in Suid-Afrika!

Boot in die Männedorfhawe. FOTO Verskaf

Is jodel nog gewild?

Jodel is nog baie gewild en is ’n nasionale “sportsoort”. By die laaste nasionale Jodelfees in 2017 was daar 15 000 deelnemers (natuurlik in oneindige kore en groepe opgedeel) en 150 000 besoekers. Dié tradisie word veral in spesifieke dele van die land, byvoorbeeld Appenzell, gekoester. Die tradisionele kostuum wat gedra word as die jodelkore optree, is baie besonders – kosbaar en pragtig

Vir hoe lank is Zu¨rich nog jou tuiste?

Dis so ’n ongelooflike stad met veel meer voordele as nadele. Met my nuwe aanstelling by die universiteit sal ek waarskynlik nog ’n wyle hier wees. Gelukkig is daar elke dag ’n direkte vlug van Zu¨rich na Johannesburg.

WOON JY OORSEE?

Vertel ons daarvan! Stuur e-pos na pieter.hugo@sarie.com