Maak wasdag ’n wendag

akkreditasie
FOTO Verskaf
FOTO Verskaf
Met dié nuwe Samsung-wasmasjien sê jý vir die masjien wat om te doen – nie andersom nie!

Met die feestyd om die draai is daar altyd hope wasgoed wat gedoen moet word: beddegoed en onthaalgoed, goed wat moet saamgaan, goed wat vir die diere-oppasser moet agterbly. Maar gelukkig het wasgoed doen nou makliker geword met Samsung se innoverende AddWash™-wasmasjien. Danksy al die slim dinge wat hierdie masjien kan aanvang, gaan jy meer tyd vir jou gesin hê en minder tyd aan wasgoedkopsere moet afstaan.

FOTO Verskaf

Iets vergeet? Geen probleem

Samsung weet hoe frustrerend dit is om ’n vergete kledingstuk te ontdek net nadat jy die masjien aangeskakel het. Maar met die AddWash™-masjien is dit geen probleem nie, want jy kan eenvoudig die deur oopmaak en die vergete kledingstukke byvoeg – selfs nadat die wassiklus begin het. Net so kan jy handgewaste klere wat jy net wil laat tuimel of droogmaak, byvoeg. Jy kan selfs enige tyd ’n spesiale versagter bygiet.

Bly gesond en vars

Die AddWash™-funksie gee jou wasdrom op ’n slim manier lug sodat jy elke keer ’n vars bondel uithaal en daar geen mufreuke opbou nie. Die ekovriendelike dromskoonmaak-tegnologie verwyder onaangename reuke deur vuilgoed uit die masjien self te haal – dinge soos oorblyfsels van vorige wassiklusse, kos, seepoorblyfsels en elemente in kraanwater.

Kies slim

Dis makliker om jou wasgoed met SmartCheck te doen as jy die gewilde 9 kg-model gebruik. SmartCheck is ’n outomatiese stelsel wat foute dophou en wassiklus-probleme betyds herken en ’n oplossing op ’n slimfoon-app voorstel. Dit spaar tyd – jy gaan nie in kaste of laaie moet rondgrawe op soek na jou wasmasjien-handleiding nie en jy gaan geld spaar omdat jy nie ’n tegnikus sal hoef in te kry om die wasmasjien te ondersoek nie.

Spaar geld en tyd vir die goedvoel-oomblikke

Om energie te spaar het die AddWash™ Front Loader ’n digitale motor wat sorg dat energie doeltreffend verbruik word, dat die masjien sag loop en dat dit lank kan werk. Daarby is Samsung se Eco Bubble-tegnologie daar om jou wasgoed doeltreffend teen ’n laer temperatuur te was. Dit beteken die verwarmer hoef nie aangeskakel te word nie en so spaar jy nóg krag. Dit werk deur die wasgoedseep op te los en in borrels om te skakel sodat dit die materiaal vinnig deurdring en vuiligheid vinnig verwyder, maar steeds die materiaal beskerm en energie spaar.

Daar het jy dit – jou wasgoedprobleme is opgelos! Nou kan jy meer tyd saam met jou vriende en familie deurbring en die feesseisoen werklik geniet.

JONGSTE UITGAWE

Maart/April 2022

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees