book-icon Uitgawe Julie/Augustus 2021

Michélle sê: ‘In die wêreld van skoonheid ...’

akkreditasie
Michélle van Breda, SARIE se redakteur. FOTO Johan Wilke
Michélle van Breda, SARIE se redakteur. FOTO Johan Wilke

Nee, nie ’n dosis Botox of ’n vinnige vuller nie, maar ’n bottel Chanel No. 5. My eerste ervaring van die luukse was die klein botteltjie wat ’n spesiale plek in my ouma se handsak gehad het. Elke dan en wan het sy die vierkantige houer versigtig oopgemaak vir my om te ruik, en dan ’n druppeltjie aan my uitgestrekte polse getik. Vir ure het ek gesweef op ’n wolk van onbeskryflike geur. Soos ’n groot bos blomme, sou my ouma s . Net daar, klein-klein, is my fassinasie met parfuum gebore.

Dis dieselfde botteltjie wat vandag, dekades later, ’n uitsoekstaanplek op my parfuumrak het. En langs dit die groter, nou le maar steeds sjiek bottel, wat ek met my eerste salaristjek gekoop het. Die stories (en die mites) agter dié parfuum is deel van die bekoring. Groot was die opwinding toe SARIE ’n paar jaar gelede deur Chanel genooi is na Grasse, die wêreld se parfuumhoofstad in die heuwels noord van Cannes, Frankryk. Daar waar van No. 5 se hoofbestanddele, soos die meiroos en jasmyn, gekweek word, en elke jaar binne net ’n paar weke bloeisel vir bloeisel gepluk word. ’n Delikate proses meestal in die hande van geduldige raakvat-vroue. Alles om te sorg dat die parfuum vandag byna-byna ruik soos dit het in 1921.

Destydse skoonheidsredakteur Charis Labuschagne het in die SARIE van Desember 2014 sê oor haar besoek aan hierdie stukkie blommehemel geskryf: “Die soet reuk omvou jou soos ’n deursigtige geurkombers.’’

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
JONGSTE UITGAWE

November/Desember-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees