Maar die skrif was aan die muur vir die oorspronklike Defender en Land Rover moes planne beraam om dié legendariese veldrywa te vervang met ’n moderne weergawe… En verandering is nie altyd maklik nie, en stoere Defender-aanhangers het die ergste gevrees.
In 2020 het Land Rover se nuwe-generasie Defender uiteindelik sy verskyning gemaak en dit het dadelik geblyk dat die Britste vervaardiger (wat deesdae aan die Indiese Tata-groep behoort) hulle baie goed van hul taak gewyt het.
Hoewel die nuweling ligjare, ten opsigte van tegnologie, gerief en veiligheid, verwyderd is van sy ikoniese voorganger, verdien Land Rover 10 uit 10 vir die opknapping. Die nuwe weergawe is ook dadelik herkenbaar as ’n Defender, maar terseldertyd is dit eintlik ’n revolusionêre verbetering in vergelyking met sy voorgangers.