Deel

Sakpas-rygoed met ’n sportnuts-jassie

akkreditasie
FOTO Suzuki
FOTO Suzuki

Tog is ’n blinknuwe sportnuts  se prysetiket bo talle mense se vuurmaakplek, maar dit keer egter nie motorvervaardigers om sakpas-rygoed ’n sportnuts-jassie aan te trek nie… En voila, kan jy ’n motor bekostig wat darem bietjie meer robuust lyk! Twee sulke motors is Suzuki se baie gewilde Ignis en die indrukwekkende Ford Figo Freestyle, wat ek onlangs toetsbestuur het.

Dié gespierde buksie is op Ford se Figo-luikrug gebaseer en in Freestyle-gedaante trek dit baie die aandag. Om dit te onderskei van die gewone Figo, het Ford die Freestyle met talle sportnuts-onwerpseienskappe opgekikker. Só staan dit byvoorbeeld sowat 2cm hoër en is dit gepantser met bykomende kenmerke soos swart plastiekbeskermingstroke op die bakwerk, dakrakke en silwerkleurige skermstroke onder die voorste en agterste buffers. Die Figo Freestyle is in twee afwerkingspakette, Trend en Titanium, beskikbaar. Ons het die deftiger Titanium-model toetsbestuur wat ‘n lang lys geriefs- en tegnokenmerke bied soos ’n raakskem multimediastelsel met Apple CarPlay en Android Auto, klimaatbeheer en elektriese vensters vir al die deure. Vir gemoedsrus is daar onder meer ses lugsakke en ABS-remme. Onder die enjinkap is ’n baie bekwame 1,5-liter driesilinder petrolenjin wat ’n redelike 91 kW se kraglewering ontwikkel – dit stel dié buksie in staat om 0 – 100 km/h in 11,8 sekondes kaf te draf met ’n topspoed van 175 km/h te haal. Volgens Ford is die gemiddelde brandstofverbruik ’n goeie 5,5 liter/100 km. Die Figo Freestyle is ’n oulike ryding wat vertroue inboesem op die pad en regtig voel of dit goed aanmekaar gesit is.

Pryse begin by: R241 100

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
JONGSTE UITGAWE

Mei/Junie-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees