1. Hou Wagter besig
Is dit ’n lewende nagmerrie om jou hond te bad of selfs sy naels te knip? Smeer (suikervrye) grondboontjiebotter aan die bad se rand of teen die muur. Wagter sal al te lekker die katjiebotter probeer aflek, terwyl jy die harde werk doen.
2. Leer, meneer
Het jy ’n lastige kol op jou leerbank, baadjie of skoen? Sit ’n klein bietjie grondboontjiebotter (die gladde, romerige soort) op ’n sagte lappie en smeer dit in sirkelbewegings oor die kol. Die natuurlike olie sal die kol verwyder en sommer die leer laat blink.
3. Kraaaaaaaaaaaaaaaak
Het jy ’n deur wat aanhoudend kraak en die wêreld se lawaai maak? Katjiebotter is ’n goeie plaasvervanger as jy nie Q20 in die huis het nie. Smeer ’n klein bietjie daarvan op die skarnier en vee dit dan af. Siedaar, die kraakgeluid is weg!
4. Kom uit daai taai situasie
Kougom in jou hare of gom op die mat? Grondboontjiebotter is jou antwoord! Jy kan dit ook gebruik om die gom-oorblyfsel van plakkers te verwyder.
5. Krapperigheid
Is daar krapmerke op jou tafelblad? Smeer gladde grondboontjiebotter op die area. Vee dit af met ’n droë lap ná dit vir een uur gestaan het, jy sal ’n verbetering sien.
6. Maak die venters skoon
Is daar lastige, plat goggas teen jou motor se voorruit of het die voëls vir jou ’n geskenk gelos? Smeer katjiebotter op die merkies en laat staan vir 10 tot 15 minute. Spuit dit af met ’n tuinslang of verwyder met bietjie water.
7. Glansende lokke
Ja, jy kan glo jou grondboontjiebotter inspan om vir jou hare ekstra glans te gee. Masseer dit op jou kopvel voor jy jou hare met sjampoe was.
8. Roomyshorings
O, wee! Jy hou partytjie en wil roomys op roomyshorings sit, maar van hulle het kraakplekke. Moenie dit weggooi nie, meer net bietjie grondboontjiebotter daarop en dit sal enige morsige besigheid verhoed.
9. Skeerroom
Die olie in die grondboontjiebotter sal die taak goed behartig, soos jou skeermes oor dit gly.
10. DIY-voerder vir voëls
As dennebolle in jou omgewing rondlê, tel een op, smeer dit met bietjie grondboontjiebotter en rol dit in voëlsaad. Hang dit in jou boom en geniet die natuurvertoning.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET