Die laaste maand van die jaar het aangebreek, dis byna tyd om 2019 te groet en ’n nuwe dekade te verwelkom.

2020 is ’n goeie jaar om nuwe avonture aan te pak, soos om interessante lande oor die wêreld heen te verken.

National Geographic het onlangs twintig lande aangewys wat hulle reken in 2020 gesien moet word. 

Een van die moet-sien-lande is Wallis. Hierdie land met sy pragtige groen heuwels en prentjiemooi kusdorpies is ook ’n prominente “karakter” in die gewilde Netflix-reeks The Crown se derde seisoen.


In die reeks word die 1966-ramp van die myndorp Aberfan, Wallis, uitgebeeld. ’n Mynhoop het weens swaar reën meegegee en ’n laerskool in die proses begrawe het - 116 kinders en 28 volwassenes is oorlede.

Die kusdorpie Aberystwyth word ook in dié reeks uitgebeeld het, waar die universiteit gebasseer is waar prins Charles vir drie maande moes klasloop. Hy is kort daarna as prins van Wallis aangewys, ’n titel wat 25 koninklikes voor hom gehad het.

Dis nie al land wat dié lys gehaal het nie.

Japan, Tsjeggiese Republiek, Kanada en Spanje se Kanariese eilande het ook die lys gehaal.