Aktrise Nadia Valvekens spog op ons voorblad én ons skoonheidsblaaie, ons Kos- en Mode-redaksie span saam vir ’n onvergeetlike fotosessie, en Nataniël praat oor daardie vrae wat jy net nie kan vra nie … Hier is vyf redes waarom jy dié uitgawe moet koop!

1. Nadia Valvekens: Gló net, en spring!

Aktrise Nadia Valvekens weet nou dit was tyd om Pippa van ‘Binnelanders’ te groet, al was dit hoe moeilik. Want sedertdien onthou sy hoekom sy so graag wou toneelspeel.

FOTO Leana CR

2. Ontmoet SARIE Voorbladgesig 2021

Hier is ons nuwe Voorbladgesig: Emme Scholtz.

Leer ken dié kleuterskooljuffrou van Somerset-Wes ’n bietjie beter en blaai solank deur haar foto-album voordat sy uiteindelik self op die voorblad van ons November/Desember 2021-uitgawe verskyn om haar lewensverhaal te deel.

FOTO Verskaf / Tracey Baard Photography

3. Hier is die seisoen se grootste tendense

Strepe, gepof, lig en deursigtig, monochroom . . . mode- en kos-trends gaan altyd hand aan hand, maar vanjaar se lente is mooier, varser en uitbundiger as ooit. Ons mode- en kos-redaksie het kragte saamgespan om die seisoen se grootste tendense in die mooiste fotosessie te deel.

FOTO Michael le Grange
FOTO Cassandra Collett

4. Liefde in Covid-tye: kwelvrae en die antwoorde

Jy – ons leser – het jou liefdesdilemmas uit die Covid-tye gedeel. Ons het by kenners gaan aanklop vir antwoorde op jou 5 grootste kwelvrae, van skoonma wat intrek tot die effek van ’n nuwe, knap begroting.

FOTO Unsplash

5. ’n Wêreld vol verbeelding vir akteur De Klerk Oelofse

Of dit nou is as die hakkelende speurder in “Die Boekklub”, die boer in “Hotel” wat so lekker brei of as aanbieder van “Kyk wie praat”, hy gee hom ten volle oor aan sy rolle. De Klerk, tans te sien in kykNET se “Nêrens, Noord-Kaap”, is gewoonlik sku vir onderhoude, maar gesels met SARIE oor sy loopbaan, familie en die kunste.

FOTO Danie van Rensburg

Natuurlik is daar ook baie meer, van onderhoude met Robbie Wessels en Tracey Elis Ross, tot ’n bekendstelling aan die vroue wat ons land se wynindustrie te versterk en slim planne om jou huis in styl in te kleur … maak seker jy koop vandag nog dié uitgawe.